Nóg ’n gevangene beweer hy is aangerand
N$300 000 eis teen minister
Daar is daagliks sake op die hoërhof se rol teen die minister van veiligheid en sekuriteit oor beweerde aanrandings in korrektiewe geriewe en beweerde polisiebrutaliteit.
Nog ’n gevangene wat tans in die Hardap korrektiewe dienste se geriewe aangehou word, het ’n saak teen die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit aanhangig gemaak vir beweerde aanranding.
Mnr. Kristof Haufiku eis N$300 000 van die minister; die kommissaris-generaal van die Namibiese korrektiewe dienste, mnr. Raphael Hamunyela; die hoof van die Hardap korrektiewe dienste, mnr. Sam Franz; en die beampte van korrektiewe dienste wat by die beweerde aanranding betrokke was.
Die verhoor het Maandag voor regter Orben Sibeya in die hoërhof in Windhoek begin.
Haufiku beweer die beampte het op 12 Januarie 2021 ’n seldeur oor sy been gedruk en getrek. Hy beweer dat hy ernstige besering opgedoen het.
“Die onwettige, onuitgelokte en ongeregverdige aanranding het die eiser [Haufiku] se reg op liggaamlike en sielkundige integriteit aangetas, asook sy waardigheid,” lui die eisbesonderhede.
Die minister het reeds sy pleitstukke by die hof ingedien en ontken dat Haufiku met opset aangerand is.
“Die beampte het hom per ongeluk met die deur geslaan terwyl hy besig was om die seldeur toe te maak.”
BESERINGS
Haufiku beweer in sy eisbesonderhede dat hy weens die voorval ’n oop wond op sy linkerbeen gehad het. Hy het glo ernstige pyn verduur en kon nie loop nie.
Hy voer verder aan dat hy nie onmiddellike mediese behandeling ontvang het nie, maar is op 14, 17, 20 en 21 Januarie by die korrektiewe dienste se kliniek behandel. Hy is daarna, op 28 Januarie, na die staatshospitaal op Mariental geneem.
EIS
Haufiku eis N$300 000 in skadevergoeding van die respondente. Hy beweer dat hy vir 120 dae pyn en ongemak moes verduur het en eis N$2 500 vir elke dag.
Volgens die minister se pleitstukke dui Haufiku se eisbesonderhede nie aan op watter gronde hy N$2 500 per dag eis nie.
“Die aantygings is vaag en ons versoek die hof om die aansoek met koste van die hand te wys.”
ANDER BEWEER OOK AANRANDING
Daar is tans ’n ander saak hangend in die hoërhof in Windhoek van ’n ander gevangene by die Hardap korrektiewe dienste se geriewe op Mariental.
Fabianus Shekunyenge beweer owerhede het hom gedwing om sy klere uit te trek en voor ander personeel en gevangenes paddaspronge te doen. Beamptes het na bewering hul vingers in sy anus gedruk. Shekunyenge eis sowat N$1,88 miljoen in skadevergoeding.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie