Nóg ’n saak teen Boulter
Vyf van VAE eis N$56,9 miljoen
Die groep beweer nadat hulle geld aan Harvey Boulter oorbetaal het, het hy die geld glo onwettig na 'n Britse prokureursfirma oorgeplaas.
Nog ’n saak teen die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, dien tans voor die hof.
Die nuutste saak teen hom is gebring deur vyf individue wat versoek dat die hoërhof in Windhoek hom moet beveel om aan ’n hofbevel wat in Julie 2020 deur ’n hof in Dubai uitgereik is, te voldoen.
Die vyf burgers van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) beweer Boulter het hulle uit meer as N$56,9 miljoen geswendel.
Volgens dié hofbevel is Boulter beveel om N$56,5 miljoen aan hulle terug te betaal.
Die applikante het glo die geld in Boulter se maatskappye belê ná hy na bewering aan hulle gesê het dat sy maatskappye groot winste genereer. Die vyf was glo onder die indruk deur aandele in Boulter se maatskappye te koop, sou dit hulle goeie opbrengste verseker.
Die applikante sluit in Abdul Ilah Mohammed Abdul Aziz, Ahmed Mohammed Abdul Aziz Al-Othman, Badr Mohammed Abdul Aziz Al-Othman, Badriya Saleh Abdullah Al-Madini, Mohammed Abdullah Muhammad Al-Hamdani, en hul maatskappy, Tabarak Trading and Contracting LLC.
Die groep beweer nadat hulle die geld aan Boulter oorbetaal het, het hy die geld glo onwettig na ’n Britse prokureursfirma oorgeplaas.
Dit het gelei tot die hofsaak in Dubai waarin die groep geëis het dat die geld aan hulle terugbetaal word en hulle ’n hofbevel bekom het. Boulter het glo kort daarna na Namibië gereis. Namibië en Dubai het nie ’n uitleweringsooreenkoms nie.
Die applikante het eers ná berigte van ’n skietvoorval op Boulter se plaas in Namibië, bewus geword van waar hy hom bevind.
Boulter se prokureur, Sisa Namandje, het reeds die hof in kennis gestel van hul voorneme om die saak teen te staan en het ’n aansoek om kondonasie gebring vir die laat indiening van die kennisgewing. Partye het verlede week voor regter Claudia Claasen verskyn en sy het die saak tot 26 Mei uitgestel vir die aanhoor van die aansoek om kondonasie.
MOORDSAAK
Boulter staan tereg op strafregtelike klagte vir moord ná hy na bewering sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, in Februarie 2021 doodgeskiet het.
Van Wyk se gesin het ook ’n siviele saak teen Boulter aanhangig gemaak waarin hulle altesaam sowat N$84,5 miljoen in skadevergoeding eis.
Boulter het ook onlangs ’n saak teen die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, gebring waarin hy beweer sy het ’n fout begaan deur te besluit dat hy van moord aangekla moet word. Hy beweer daar is geen bewyse dat hy Van Wyk met opset geskiet het nie.
Die strafregtelike vervolging van Boulter is onlangs vertraag en tot 20 Julie uitgestel hangend die uitkoms van die hersieningsaansoek teen Imalwa. Imalwa en Boulter sal weer op 19 Junie in die hoërhof verskyn vir saakbestuur.
Boulter het verlede week voor regter Orben Sibeya verskyn vir die saak wat die Van Wyk-gesin teen hom gebring het. Dié saak is tot 29 Junie uitgestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie