Oudlanddros Jaco Kennedy. Foto Kristien Kruger
Oudlanddros Jaco Kennedy. Foto Kristien Kruger

Nóg ’n terugslag vir Kennedy

Borgtoguitspraak dié maand gelewer
Kennedy sal 'n versoek aan die hooggeregshof rig in 'n finale poging om die staatsaanklaer van sy saak te laat onttrek.
Iréne-Mari van der Walt,Kristien Kruger
Die voormalige landdros wat teregstaan op klagte van verkragting en ontvoering, Jaco Kennedy, het Dinsdag gefaal in sy tweede poging om die staatsaanklaer van sy saak te laat onttrek.

Regter Kobus Miller het gister Kennedy se aansoek om verlof tot appél – om teen die weiering van sy aansoek in die hooggeregshof te appelleer – van die hand gewys op grond daarvan dat hy nie van mening is ’n ander hof sal tot ’n ander gevolgtrekking kom nie.

Miller het in Mei vanjaar in die hoërhof in Windhoek Kennedy se aansoek, dat Innocentia Nyoni haarself van die saak moet onttrek, van die hand gewys.

Kennedy en sy regsverteenwoordiger het aangedui dat hulle ’n versoek by die hooggeregshof sal indien om Miller se beslissing te hersien.

Hoewel Kennedy beweer dat Nyoni nie onpartydig gaan wees nie, het Miller bevind daar is geen gronde vir dié bewering nie. Die saak is tot 6 September uitgestel.

HANGENDE SAAK

Kennedy het ’n aansoek gebring om ’n gedeelte van die Strafproseswet uit te daag en dié saak is ook nog hangend.

Kennedy meen hy is geregtig om getuies in persoon te sien terwyl hulle getuig en dat die gebruik van kringtelevisiekameras sy regte skend.

Dit hou spesifiek verband met die klaagsters wat die twee klagte van verkragting teen hom aanhangig gemaak het.

Miller het Dinsdag aangedui die verhoor kan voortgaan terwyl die aansoek hangend is en dat die staat in die tussentyd ander getuies kan roep.

Kennedy en sy neef, Raymond Cloete, staan onder meer tereg op verkragting, ontvoering en dwarsboming van die gereg.

BORGTOGAANSOEK

Kennedy se derde aansoek om borgtog duur ook voort in die hoërhof in Windhoek en regter Marlene Tommasi sal na verwagting op 21 Augustus uitspraak lewer.

Kennedy beweer sy voortdurende aanhouding tydens sy hoofverhoor, skend sy reg tot vryheid.

Nyoni is ook die staataanklaer in dié saak en het tydens die verhoor van die borgaansoek aangevoer dat verskeie hangende aansoeke, vordering in sy hoofverhoor kniehalter.

Kennedy se regsverteenwoordiger, Boris Isaacks, het wel daarop gewys dat die staat ook verskeie vertragings veroorsaak het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!