‘Niemand sien hoe my kinders huil’
Möller-saak: Vonnisoplegging in September
Die Möller-gesin het gister in die hoërhof getuig oor hoe die moord op hul pa en eggenoot hulle geraak het.
"Aan die begin was dit moeilik om skool by te woon en aandag in die klas te gee, maar met die ondersteuning van my onderwysers, my ma en my suster het ek besluit ek gaan dit vir my pa doen.
“Sedertdien het ek akademies goed presteer, maar my pa sal dit nooit kan sien nie.”
So het een van Hans-Jörg Möller se minderjarige kinders gister in die hoërhof getuig oor hoe haar pa se moord haar geraak het.
Sy weduwee, Carol-Ann Möller, en sy twee dogters het gister die getuiebank ingeneem om ter verswaring van die vonnisse van vier mans wat skuldig bevind is aan die gewapende roof van die Möller-gesin en die moord op Hans-Jörg in 2016.
“Ek dink hulle moet ’n lewenslange vonnis kry vir die lewe wat hulle van hom geneem het. Hulle moet nog ’n lewenslange vonnis kry vir die lewe wat hulle van my weggevat het – hulle het my gesondheid van my gesteel en ek kan nie behoorlik lewe nie.
“En hulle moet ’n lewenslange vonnis kry vir die lewe wat hulle van my kinders weggevat het – hulle het ons gevolg, hulle het geweet daar is kinders.
“Hulle het beplan om my ook dood te maak, so hulle het beplan om my kinders weeskinders te maak,” het Carol-Ann voor regter Dinnah Usiku getuig.
“Niemand sien hoe my kinders huil nie. In plaas daarvan dat hulle geleenthede soos Vadersdag kan vier, moet hulle na ’n graf toe gaan,” het sy gesê.
Carol-Ann het getuig dat sy neurologiese skade in die aanval opgedoen het en dat haar liggaam nou baie moeg word weens haar toestand en soms so seer is dat sy nie kan loop nie.
Sy het getuig dat die vier mans – Panduleni Gotlieb, David Tashiya, David Shekundja en Elly Hinaivali – kan probeer om wraak te neem op haar en haar kinders wanneer hulle hul tronkstraf uitgedien het.
Sy het tydens haar getuienis volgehou dat die vyfde beskuldigde wat vrygespreek is, Malakia Shiweda, tydens die voorval teenwoordig was en dat die ander vier skuldig was aan dwarsboming van die gereg deur sy betrokkenheid toe te smeer.
Volgens Carol-Ann was Hans-Jörg die gesin se broodwinner en het hy sy inkomste deur twee toeriste-ondernemings verdien.
“Ons het nie meer die lewe wat ons gehad het nie – ons het alles verloor,” het sy getuig.
KINDERS
Een van die Möller-dogters het getuig dat haar kindwees van haar ontneem is.
Sy het getuig dat haar pa se dood vir die kinders by haar skool ’n sagte plekkie gewys het wat hulle gebruik het om haar af te knou.
“Hulle moet nooit uit die tronk gelaat word nie, want as hulle die kans kry, kan hulle dit dalk gebruik om hierdie pyn op ’n ander niksvermoedende slagoffer toe te dien,” het sy getuig.
Hans-Jörg se ander dogter het tydens haar getuienis gesê dit was altyd vir haar lekker om kunstige projekte vir Vadersdag by die skool te doen, maar sy is hartseer dat sy nou niemand het om dit voor te gee nie.
Sy het getuig die afwesigheid van ’n pa-figuur in hul lewens is merkbaar.
“Ons het ’n pa-figuur in ons lewe nodig om ons die dinge te leer wat ons ma nie kan nie,” het sy gesê.
“Hulle [die beskuldigdes] kan ten minste tyd saam met hul families deurbring, ons kan nie,” het sy getuig.
VERDEDIGING
Die verdediging het hoofsaaklik op die persoonlike omstandighede van die vier mans gesteun.
Gotlieb is onder meer die enigste een wat nie kinders het nie. Hy het ook glad nie formeel skool bygewoon nie, maar ’n inkomste verdien deur huise te verf.
Shekundja se regsverteenwoordiger, Tanya Klazen, het aan Usiku gestel dat hy verskeie kursusse voltooi het terwyl hy verhoorafwagtend en in aanhouding was.
Hy het 'n Bybelkorrespondensiekursus voltooi, asook ’n kursus genaamd “’n Gevangene se reis” en ’n kursus by Christ Church Embassy. Klazen voer aan dat dit rede is om te glo dat hy moontlik gerehabiliteer kan word.
Usiku sal na verwagting op 16 September hul vonnisse oplê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie