Nika en Zhandile verloor hul tuiste
Jagluiperd-wyfies ‘onwettig’ aangehou
Die minister het 'n vrou van Keetmanshoop se aansoek om twee jagluiperds op haar plaas aan te hou, van die hand gewys en die hof het bevind dit was billik en redelik.
In die saak waarin ’n vrou die hof genader het om die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se besluit om haar aansoek te weier om twee jagluiperds op haar plaas naby Keetmanshoop aan te hou, te hersien en ter syde te stel, is gister van die hand gewys.
Ingrid Mariana Nolte het vyf jaar gelede twee jagluiperdwelpies, Nika en Zhandile, in haar besit geneem wat sedertdien op haar en haar man se plaas naby Keetmanshoop woon en intussen mak geword het.
“Nolte het lief geword vir Nika en Zhandile en hulle het lief geword vir haar. Hulle het ’n diep emosionele verbintenis gevorm en ’n vertrouensverhouding opgebou.”
Nolte se aansoek by die ministerie vir die registrasie van groot karnivore in aanhouding, is egter afgekeur, waarna sy die hoërhof in Windhoek genader het om die besluit te hersien.
“Dit is wreed en onmenslik – teenoor me. Nolte en Nika en Zandile – om die diere uit haar sorg te verwyder en hulle te laat uitsit of in ’n nasionale park vry te laat.”
“Dit is in die belang van die jagluiperds se welstand dat hulle deur me. Nolte aangehou word,” het Nolte en haar regsverteenwoordiger in hul finale betoë aangevoer.
Regter Collins Parker het wel gister Nolte se aansoek vir die hersiening en tersydestelling van die ministerie se besluit van die hand gewys.
UITSPRAAK
Die hof het beslis die minister se besluit om die aansoek te weier, was billik en redelik.
Collins het in sy uitspraak daarop gewys dat ’n man in April 2018 die twee jagluiperdwelpies in ’n boks by die parkeerterrein van die Shoprite op Keetmanshoop aan haar gegee het.
“Sy het op 16 Julie 2018 by die minister aansoek gedoen om die diere op haar en haar man se plaas aan te hou. Sy het die welpies vir byna drie maande aangehou voordat sy vir die vereiste permit aansoek gedoen het,” lui die uitspraak.
Nolte is op 30 Oktober 2020 aangekla van die misdryf om twee wilde diere sonder ’n permit aan te hou. Sy het skuld erken en ’n skulderkenningsboete van N$1 920 betaal. Daarna is haar aansoek by die minister van die hand gewys.
“Die minister se rede was dat die applikant (Nolte) nie in staat was om rekenskap te gee of te bewys dat sy die jagluiperds wettig bekom het nie.”
Collin het beslis dat Nolte versuim het om voldoende bewyse voor die hof te bring om die hof te oortuig om die minister se besluit te hersien of terysde te stel.
“Die applikant het geen reg om wilde diere onwettig te besit nie. Sy het ’n plig in ’n konstitusionele staat soos Namibië om die wet te gehoorsaam. Hoe kan sy verklaar dat die jagluiperds ‘my eiendom’ is as sy erken sy het hul onwettig aangehou, sonder 'n permit?”–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie