Noa lê klag teen landdros
Staat appelleer teen kwytskelding
Die hoërhof in Windhoek sal volgende week oor die aansoek om verlof tot appèl beslis.
Dennis Noa (31), wat aanvanklik aan verkragting skuldig bevind is, maar later op appèl vrygespreek is, het ’n amptelike klag teen landdros Victor Nyazo ingedien.
Nyazo was die landdros wat sy verhoor aangehoor en sy vonnisoplegging behartig het.
Noa, destyds ’n leerlingdokter, is aanvanklik skuldig bevind aan die verkragting van ’n 18-jarige pasiënt by die Katutura-staatshospitaal vier jaar gelede. Daar is aangevoer dat die pasiënt bewusteloos was ten tyde van die beweerde verkragting.
Noa het ná sy kwytskelding klagtes by die Ombudsman, die Regterlike Dienskommissie en die kommissie vir landdroste van Namibië ingedien. Hy beskuldig Nyazo van “geregtelike wangedrag, vooroordeel en die versuim om aan regsbeginsels te voldoen”.
Hy beweer dat sy grondwetlike reg op ’n regverdige verhoor geskend is. Noa het die klag op 7 Februarie ingedien.
Hy het die Regterlike Dienskommissie aangemoedig om Nyazo vir wangedrag en moontlike geregtelike onbevoegdheid te ondersoek.
“Ek versoek dat die landdros aanspreeklik gehou word vir hierdie ernstige foute wat gelei het tot ’n dwaling van geregtigheid en die onregverdige beperking van my vryheid,” het Noa gesê.
STAAT APPELLEER
Nadat Noa se appèlaansoek suksesvol was en hy kwytgeskeld is van die aanklag teen hom, het die staat in November ’n appèlaansoek by die hooggeregshof aanhangig gemaak om dié beslissing uit te daag.
In die staatsaanklaer, Magreth Tjombe, se betoë voer sy aan die appèlhof het versuim om die omstandigheidsgetuienis as geheel behoorlik te oorweeg. Omstandigheidsgetuienis, wat daarop dui dat 'n gebeurtenis plaasgevind het eerder as om dit direk te bewys, was volgens die staat deurslaggewend vir die saak.
Regters Herman January en Philanda Christiaan van die hoërhof, wat Noa se appèlaansoek aangehoor het, het egter beslis dat Noa se skuldigbevinding nie bo redelike twyfel deur geloofwaardige getuienis ondersteun word nie.
Die regters het ook die landdros gekritiseer omdat hy die staat se gebrek aan DNS- en forensiese bewyse, oor die hoof gesien het.
Noa se regsverteenwoordiger, Sisa Namandje, het verder aangevoer dat die staat se appèl nie die kwessie van beweerde penetrasie bo redelike twyfel aanspreek nie.
Die hoërhof sal op 27 Februarie beslis oor die staat se aansoek om verlof tot appèl teen Noa se kwytskelding.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie