Dennis Noa. FOTO ARGIEF
Dennis Noa. FOTO ARGIEF

Noa vrygespreek

Rita Kakelo
Nege maande ná sy skuldigbevinding aan die verkragting van 'n bewustelose 18-jarige pasiënt in die Katutura-staatshospitaal, is die seun van die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) Vrydag vrygespreek.

Dennis Noa, ’n leerlingdokter ten tye van die beweerde verkragting, is in Januarie vanjaar deur die Windhoekse streekhof skuldig bevind.

Noa, verteenwoordig deur sy prokureur Sisa Namandje, het in Junie teen die skuldigbevinding geappelleer. Namandje het in sy voorleggings aangevoer dat die landdros ’n onreëlmatigheid begaan het deur tot die gevolgtrekking te kom dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het.

Palme Khumalo wat die staat verteenwoordig, het aangevoer dat hoewel die saak op omstandigheidsgetuienis staatgemaak het, dit voldoende was om skuld bo redelike twyfel vas te stel.

Regter January het in die uitspraak gesê die hof het beoordeel of die landdros geregverdig was om Dennis se weergawe bo redelike twyfel as vals af te maak. Dennis het getuig dat hy die slagoffer aan 'n onbekende portier oorhandig het.

“Terwyl die bewyse weerspieël dat slegs vier portiers amptelik op die betrokke datum aan diens was, dui inskrywings in die bywoningsregister die moontlikheid aan dat ’n vyfde manlike portier teenwoordig was.”

Regter January het verduidelik dat die kanse dat nog 'n portier teenwoordig was aan wie die slagoffer moontlik oorhandig is, nie 'n onwaarskynlike scenario is nie en nie bo redelike twyfel as vals afgemaak kan word nie.

Namandje het in sy appèl aangevoer dat 'n ander bevinding gemaak moes gewees het oor die afwesigheid van forensiese DNS en depperbewyse wat deur die staat aangebied is. In dié verband het regter January bevind dat die staat versuim het om die ongebruikte kondoom en handdoek met semen wat op die slagoffer se bed gevind is, met Dennis te verbind.

"Die staat se versuim om vingerafdrukke van hierdie voorwerpe te lig, die swak ondersoek, het 'n redelike twyfel oor die skuldigbevinding geskep."

Die staat het na bewering vasgestel dat die slagoffer op die oggend van die beweerde verkragting op 11 April 2021, gebad is deur verpleegsters wat bevestig het dat daar geen beserings aan die slagoffer se anus was nie. Hulle moes dit ondersoek om te bepaal of die slagoffer se maag gegaan het. Dennis het toe glo die slagoffer na 'n aparte kamer geskuif en 30 tot 45 minute later na die afdeling vir hoofbeserings teruggekeer om na ander pasiënte om te sien.

Toe die slagoffer later die middag deur 'n fisioterapeut ondersoek is, is spore van vloeistof gevind. Die fisioterapeut het opgemerk dat die slagoffer se anus ook geswel was en skeertjies gehad het en dat sy beserings so erg was dat die rektale weefsel afgeskeur is. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!