Noble, Azhar vra verlof tot appèl
‘Onreëlmatighede’ onder die loep
Nadat Grant Noble en Dinah Azhar in Oktober verlede jaar skuldig bevind is aan dwelmhandel, poog dié twee om teen hul skuldigbevinding te appelleer.
Die veroordeelde dwelmsmouse, Grant Noble en Dinah Azhar, het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir hul aansoek om verlof tot appél.
Beide mans is in Oktober verlede jaar skuldig bevind op ’n klag van dwelmhandel wat verband hou met 412 kg kokaïen wat Noble se maatskappy, ZEEKI Trading, vanaf Brasilië na Namibië ingevoer het.
Noble en Azhar poog nou om in die hooggeregshof teen hul skuldigbevinding te appelleer indien regter Orben Sibeya hul verlof tot appèl toestaan.
Hoewel Azhar se regsverteenwoordiger gisteroggend afwesig was, het Noble se regsverteenwoordiger, Sisa Namandje, aangebied om namens beide beskuldigdes te verskyn.
GRONDE VIR APPÈL
Namandje het aangevoer die staat het nie bo redelike twyfel vasgestel dat Noble en Azhar as private persone, eerder as die maatskappy self, aanspreeklik gehou kan word vir hierdie oortreding nie.
Die staatsaanklaer, Ezekiel Ipinge, het gesê Noble en Azhar was die enigste partye wat by die maatskappy betrokke was en het aangevoer dat die besigheid gebruik is as ’n front om die kokaïen te smokkel.
Namandje het aan Sibeya gesê die seël op die vraghouer waarin die kokaïen gevind is, is ook mee gepeuter en dat ’n identiese seël binne die vraghouer gevind is.
“Daar word nie meer as een seël met dieselfde identifikasienommer gemaak nie. Dus is dit moontlik dat iemand met die vraghouer gepeuter het wat die seëls kon dupliseer,” het Namandje aan die hof gesê.
Die vraghouer was veronderstel om net fotostaatpapier te bevat, maar doeanebeamptes het inligting van ’n anonieme bron ontvang dat hulle op die uitkyk moet wees vir ’n vraghouer met papier en lekkergoed in.
Die polisie het gevolglik die vraghouer deursoek en kokaïen tussen die bokse papier gevind.
Namandje het ook e-posse tussen Noble en ’n verteenwoordiger van die maatskappy wat die fotostaatpapier aan Noble verkoop het, as bewysstukke gelewer. In die e-posse verwys hulle na papier.
Ipinge het hierop gereageer en aangevoer dat die mans nie hul onwettige dade oop en bloot sou bespreek nie.
“As iemand ’n misdaad pleeg, gaan hulle nie spesifiek skryf ‘stuur vir my vyf bokse kokaïen’ nie. Hulle sou ook nie op doeanevorms aandui dat hulle kokaïen wil invoer nie. Dit maak jou ’n teiken vir vervolging,” het hy gesê.
Volgens Namandje is die lasbrief wat uitgereik is met die doel om die vraghouer te deursoek, op ’n bedrieglike wyse bekom. ’n Polisiebeampte het glo vir ’n landdros gejok om die lasbrief te verkry.
Ipinge het hierop geantwoord dat die uitkoms steeds onveranderd bly. “Selfs al was daar onreëlmatighede, sou daardie onreëlmatighede nie die verhoor ’n mislukking van geregtigheid maak nie,” het hy gesê.
Namandje het ook aangevoer dat die doeanebeampte wat die opdrag gegee het om die vraghouer te deursoek, nie volgens die riglyne van die wet aangestel is nie.
Noble en Azhar is verlede jaar elk 12 jaar tronkstraf opgelê waarvan vyf jaar opgeskort is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie