Noble dien appèl in teen skuldigbevinding
Een van die mans wat verlede jaar tot 12 jaar tronkstraf opgelê is vir dwelmsmokkelary, wil teen sy skuldigbevinding appelleer.
Grant Noble het ’n aansoek om verlof tot appèl by die hoërhof in Windhoek ingedien en het Donderdag voor regter Orben Sibeya verskyn.
Noble en sy medeveroordeelde, Dinah Azhar, is beide verlede jaar skuldig bevind op ’n klag van kokaïensmokkelary en is vrygespreek van ’n klag van geldwassery.
Vyf jaar van hul 12 jaar vonnis is opgeskort aangesien hulle sedert 2018 in aanhouding is. Hulle sal dus effektief sewe jaar tronkstraf uitdien.
Azhar en Noble het ’n vraghouer van Brasilië na Namibië ingevoer. Die vraghouers was in die naam van Noble se maatskappy, ZEEKI Trading, geregistreer en moes glo 480 bokse fotostaatpapier bevat. Die hawepersoneel het ’n anonieme wenk ontvang oor die vraghouer en het dit met sy aankoms by die Walvisbaaise hawe onderskep en in Noble se teenwoordigheid oopgemaak. Die doanebeamptes het die vraghouer deursoek en gevind dat 20 van die 480 bokse kokaīen bevat het. Die vraghouer het 412 kg kokaïen, ter waarde van sowat N$206 miljoen, ingehad.
Sibeya sal volgende week ’n datum bevestig waarop die verhoor sal hervat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie