• Tuisblad
  • Howe
  • Noble-dwelmverhoor: Aansoek om ontslag uitgestel
Mnre. Grant Noble en Dinah Azhar saam met ’n regsverteenwoordiger tydens Maandag se hofverrigtinge. Foto Kristien Kruger
Mnre. Grant Noble en Dinah Azhar saam met ’n regsverteenwoordiger tydens Maandag se hofverrigtinge. Foto Kristien Kruger

Noble-dwelmverhoor: Aansoek om ontslag uitgestel

Kristien Kruger
Die vermeende dwelmsmokkelaars, mnre. Grant Noble en Dinah Azhar, wat na bewering sowat 412 kilogram kokaïen in die land probeer smokkel het, se uitspraak vir hul aansoek om ontslag – wat hul onmiddellike vrylating tot gevolg kan hê – is Maandag tot 7 Februarie uitgestel. Die beskuldigdes se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, het in November verlede jaar, nadat die staat hul saak afgesluit het, ’n aansoek om ontslag ingedien Volgens artikel 174 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, kan die hof – indien die staat nie genoegsame bewyse teen die beskuldigdes op grond van die aanklagte teen hulle het nie – die beskuldigdes onskuldig bevind. Die uitspraak is nie Maandag gelewer nie, aangesien dit nie betyds gereed was nie. Namandje het tydens verlede jaar se hofverrigtinge aangevoer die dwelms was nooit in hul besit nie omdat die vraghouer nooit fisiek aan hulle oorhandig is voordat dit deursoek is nie. Die polisie het onmiddellik die vraghouer na die hawepolisie geneem nadat dit afgelaai is. Die polisie het glo ’n leidraad gekry en het op grond daarvan die vraghouer deursoek. Namandje voer verder aan dat die staat geen bewyse kon lewer ten opsigte van die aanklagte van geldwassery of dié van dwelmhandel nie. Indien regter Orben Sibeya eerskomende Maandag die aansoek toestaan, sal die beskuldigdes skotvry wegstap. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!