Noble-verhoor: Regter roep twee getuies
Saak gaan 25 April voort
Die verdediging het hul saak gesluit, maar voor partye hul finale betoë lewer, sal twee bykomende getuies eers getuig.
In die verhoor van twee vermeende dwelmsmokkelaars, mnre. Grant Noble en Dinah Azhar, het die regter vandeesweek onverwags bekend gemaak dat hy twee getuies gaan roep voordat hy ’n finale uitspraak gaan lewer.
Die duo word daarvan beskuldig dat hulle 412 kilogram kokaïen vanaf Brasilië in die land probeer smokkel het,
Die verdediging het sy saak gesluit en die twee bykomende getuienisse wat deur regter Orben Sibeya versoek is om te getuig, sal op 25 April plaasvind.
Die betrokke getuies het verklarings by die polisie afgelê, maar die staat het nie die getuies geroep om te getuig nie.
Een van die getuies beweer hy is deur “twee wit mans” genader om ’n vraghouer wat die doeane by die Walvisbaaise hawe gestop het, af te laai en skoon te maak. Die mans het hom na bewering N$500 000 aangebied.
Dit volg nadat die verdediging se aansoek vir ’n ontslagbevel in Februarie vanjaar van die hand gewys is.
Nadat die staat hul saak gesluit het, het die verdediging beweer hulle het nie genoegsame bewyse om die twee mans skuldig te bevind op die aanklagte teen hulle nie.
“Hierdie hof is van mening dat ’n hof wat versigtig optree die beskuldigdes op grond van die bewyse wat tot dusver gelewer is, moontlik skuldig kan bevind,” het Sibeya destyds tydens die uitspraak gesê.
Noble bly in aanhouding en Azhar is steeds vry nadat hy te midde van die verhoor op 15 September borgtog toegestaan is omdat Sibeya van mening was dat daar nie genoeg bewyse teen Azhar was om hom aan te hou nie.
AGTERGROND
Noble en Azhar staan tereg op aanklagte van dwelmhandel, die besit van dwelms en geldwassery, omdat hulle na bewering kokaïen met 'n geraamde straatwaarde van N$206 miljoen vanaf Santos in Brasilië na Walvisbaai in 'n vraghouer vervoer het.
Die vraghouer het aan ZEEKI Trading cc – die twee beskuldigdes se maatskappy – behoort en is op 15 Junie 2018 op Walvisbaai se hawe gestop. Polisie- en doeanebeamptes het die vraghouer deursoek nadat hulle ’n leidraad ontvang het dat die vraghouer moontlike onwettige goedere bevat het.
Die mans het glo A4-fotostaatpapier in die vraghouer ingevoer.
Tydens die deursoeking van die vraghouer, waartydens die beskuldigdes teenwoordig was, was daar fotostaatpapier in die bokse naaste aan die deur, maar ander bokse het 400 kleiner pakkies bevat wat later by die Namibië se Instituut vir Forensiese Wetenskap (NIFS) positief vir kokaïene getoets het. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie