Nog ’n terugslag vir vermeende GIPF-bedrieër
Een van die destydse werknemers van die staat se pensioenfonds (GIPF) wat van bedrog beskuldig is, het nog sowat N$656 000 aan die staat verbeur.
Dit kom nadat die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, verskeie aansoeke om verbeurdverklaring by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak het.
Sy het reeds in 2023 aansoek gedoen dat die positiewe saldo’s in drie van Martin Eugene Smith se rekeninge aan die staat oorhandig word. Later daardie jaar het sy ook die hof genader ten opsigte van ander rekeninge in Smith se naam by Standard Bank Namibia, Stanlib Namibia Unit Trust Management Company en Capricorn Asset Management, wat volgens hofstukke ’n gesamentlike bedrag van byna N$5 miljoen beloop het.
Regter Esi Schimming-Chase het Maandag nog een van Imalwa se aansoeke toegestaan vir die geld wat Smith in ’n rekening by Ecosun Agriculture Trading cc – ’n kontrakteur wat glo sy bouprojek behartig het – gehad het.
Dié geld is aan die staat verbeurd verklaar ondanks die feit dat die strafregtelike aanklagte teen Smith en sy voormalige kollega by GIPF, Vabiola Aoses, in Julie 2023 reeds van die hofrol geskrap is.
“Dit het geen impak op die aansoek om verbeurdverklaring nie. Die geldigheid van die bevel word nie beïnvloed deur die uitkoms van strafregtelike verrigtinge ten opsigte van ’n misdryf waarmee die betrokke eiendom op een of ander manier verband hou nie,” het Imalwa in haar beëdigde verklaring gesê.
N$17 MILJOEN SE ‘BEDROG’
Smith en Aoses het tereggestaan op aanklagte van bedrog, vervalsing en geldwassery.
Die bedrogspul is oopgevlek nadat GIPF in Julie 2022 ’n klag ontvang het van iemand wat nie meer hul maandelikse voordele ontvang het nie.
Ná ’n ondersoek is ontdek die betalings was op datum, maar dat dit na ’n ander rekening oorbetaal word.
“Op 10 Augustus 2022 het GIPF ’n magdom ander bedrieglike voorvalle oopgevlek waarin betalings gemaak is aan verskeie rekeninge wat nie aan lede van GIPF behoort nie. Dit het sowat 46 bankrekeninge ingesluit,” lui Imalwa se verklaring ter ondersteuning van haar aansoek.
Aanvanklike ondersoeke het daarop gedui dat die bedrog meer as N$17 miljoen beloop het. Die ondersoek het glo verder bevind dat Smith en Aoses se aanmeldbesonderhede gebruik is om die veranderinge op die stelsel aan te bring.
Aoses is op 12 Augustus 2022 geskors en Smith op 15 Augustus 2022.
Nampol het toe bewus geword van Smith se rekening by Ecosun Trading, wat ’n kredietsaldo van N$636 955 gehad het. Dit is die jongste bedrag wat aan die staat verbeurd verklaar is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie