Nog toeriste in die sop oor kiekie

SA egpaar neem glo inligtingsbord af
Nog 'n Suid-Afrikaanse egpaar is in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n foto in die militêre sone by Grootfontein se weermagbasis geneem het.
Elvira Hattingh
’n Suid-Afrikaanse egpaar is Dinsdag op Grootfontein in hegtenis geneem nadat hulle glo foto’s met hul selfone van ’n inligtingsbord by die militêre basis op die dorp geneem het.

Volgens die polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, is die egpaar, onderskeidelik 65 en 60 jaar oud, in aanhouding en sou hulle gister in die Grootfonteinse landdroshof verskyn.

Mbeha het aan Republikein gesê lede van die weermag het die egpaar opgemerk toe hulle Dinsdag glo omstreeks 11:30 foto’s van die bord geneem het. Hulle het ’n grys bakkie met ’n Gautengse-registrasiemerk gery. Die bord is binne die militêre sone geleë.

Die weermaglede wat hulle gesien het, het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak. Die egpaar is toe glo deur weermaglede na die dorp se polisiekantoor vergesel.

Mbeha sê die egpaar is aangekla vir die oortreding van Artikel 55.1 van die Verdedigingswet 1 van 2002, waarvolgens daar nie foto’s van ’n militêre basis geneem mag word nie.

Personeellede by die Grootfonteinse landdroshof het omstreeks 15:00 gister gesê die egpaar het nog nie hul eerste hofverskyning gemaak nie.

Die egpaar het Namibië glo op 5 Junie binnegekom en sal na verwagting op 29 Junie na Suid-Afrika terugkeer.

Dit volg nadat nog ’n Suid-Afrikaanse egpaar verlede jaar in Junie in hegtenis geneem is nadat hulle militêre gereedskap binne die basis afgeneem het. Walter Dalton en sy vrou Cornelia is toe op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat, terwyl ’n klagte van betreding teen hulle ondersoek word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!