Nuwe vroueregter se aanstelling bekragtig

Ná openbare onderhoude op 8 Desember
Adv. Beatrix de Jager is ook as waarnemende regter van die hoërhof aangestel vir die tydperk 16 Januarie tot 16 April 2024.
Michelline Nawatises
Die woordvoerder van die regbank, Vikitoria Hango, het bevestig dat Philanda Christiaan as regter van die hoërhof aangestel is ná die Regterlike Dienskommissie openbare onderhoude op 8 Desember 2023 met drie kandidaatregters gevoer het.

Haar aanstelling is vanaf 01 Januarie 2024 van krag.

Die Regterlike Dienskommissie moes ná die onderhoude aanbevelings maak aan president Hage Geingob wat ingevolge die Grondwet die mag het om regters aan te stel.

Adv. Beatrix de Jager wat ook een van die kandidaatregters was, is as waarnemende regter aangestel vir die tydperk 16 Januarie tot 16 April vanjaar.

AGTERGROND

Dit is die heel eerste keer dat onderhoude vir kandidaatregters in die openbaar gehou is en volg nadat die Regterlike Dienskommissie in September vanjaar besluit het om die regulasies te wysig.

Dié verandering is gemaak om deursigtigheid in die regbank te bevorder.

Die nuwe regulasies het nie openbare onderhoude ’n vereiste gemaak nie. Dit sal egter toegepas word in gevalle waar die Regterlike Dienskommissie dit nodig ag.

Die derde kandidaat wat aan die openbare onderhoude deelgeneem het is adv. Slysken Sikiso Makando.

Die paneellede vir die onderhoud het hoofregter Peter Shivute, regterpresident Petrus Damaseb, die prokureur-generaal Festus Mbandeka, en twee lede van die regsgemeenskap, naamlik adv. Sakeus Akweenda en Elias Shikongo ingesluit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!