Die prokureur Anne-Doris Hans-Kaumbi is verlede week as waarnemende regter by die hoërhof aangestel. Foto Facebook
Die prokureur Anne-Doris Hans-Kaumbi is verlede week as waarnemende regter by die hoërhof aangestel. Foto Facebook

Nuwe waarnemende regters aangestel

Kristien Kruger
President Hage Geingob het onlangs een nuwe waarnemende regter by die hoërhof aangestel, asook ’n gewese waarnemende regter heraangestel en twee huidige waarnemende regters se termyne verleng het.

Die Regterlike Dienskommissie (JSC) het Woensdag by monde van sy sekretaris, mnr. Sakeus Akweenda, die aanstelling van prokureur Anne-Doris Hans-Kaumbi en die heraanstelling van die ervare regter Collins Parker aangekondig, as ook die verlenging van waarnemende regters David Munsu en Duard Kesslau se termyne.

Hans-Kaumbi se aanstelling is reeds vanaf Woensdag van krag en sal tot einde Augustus duur. Parker sal eers op 15 Julie begin en sy aanstelling sal tot Maart volgende jaar duur.

Parker was vir die eerste keer in 2006 as regter van die hoërhof aangestel en dien reeds vanaf 2012 tot die einde van verlede jaar as waarnemende regter.

Hans-Kaumbi het in 1999 en 2001 haar regsgrade by die Universiteit van Namibië (Unam) verwerf en werk reeds vanaf 2003 as ’n toegelate regspraktisyn. Sy was 'n prokureur en direkteur by Ueitele and Hans Inc. Legal Practitioners.

TWEE TERMYNE VERLENG

Munsu en Kesslau dien reeds vanaf Januarie vanjaar as waarnemende regters by die hoërhof in Oshakati. Hul termyne is verleng en albei sal weer vanaf 15 Julie tot Maart volgende jaar hul posisies volstaan.

Dit is die derde keer wat Munsu se termyn as waarnemende regter verleng is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!