Ombudsman sal gay egpare beskerm
Jemima Beukes - Ombudsman Basilius Dyakugha het belowe om sy deel te doen om die hooggeregshof se uitspraak te handhaaf dat die regering buitelandse selfdegeslag-gades wat met Namibiërs getroud is, moet erken ingevolge die land se immigrasiewette. Dit nadat die uitspraak met teenkanting uit talle oorde begroet is.
Dyakugha is die eerste senior staatsamptenaar wat in die openbaar verklaar het dat hy die selfdegeslag-paartjies wat deur die uitspraak geraak word, sal ondersteun, nadat die Swapo-party die hofbeslissing veroordeel het en dit die “invoer” van vreemde kulture na die land genoem het.
“Ons is net daar om die wette te volg en ons gaan beskerming gee aan daardie individue wie se regte regte deur die hooggeregshof erken is,” het hy die afgelope naweek gesê.
“As die ministerie van binnelandse sake probleme gaan hê en nie die uitspraak erken nie, dan is hierdie individue welkom om ons te nader en ons sal hulle gaan verdedig by binnelandse sake, ingevolge die hooggeregshof se beslissing,” het hy gesê.
VERDRAAGSAAMHEID
President Hage Geingob se standpunt oor die saak is nie eksplisiet bekend nie, met sy kantoor wat eers verlede week gesê het die staatshoof “bevorder ’n kultuur van verdraagsaamheid en respekvolle meningsverskille”.
Intussen het die prokureur-generaal, Festus Mbandeka, wat veg teen die tersydestelling van die sodomiewet in die hoërhof, gesê die regering doen ’n wetlike evaluering van die uitspraak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie