Onderhandelinge duur voort in Meyer-saak
Ingevolge ’n hofbevel in die siviele saak teen Johan Meyer, is skikkingsonderhandelinge steeds aan die gang en is die saak gister tot 13 Maart uitgestel.
Die pa van die negejarige meisie wat Meyer in Mei 2022 na bewering op sy kleinhoewe op Mariental doodgery het, eis meer as N$5 miljoen in skadevergoeding vir onder meer die beweerde trauma en emosionele skok wat hy ervaar het as ooggetuie van dié voorval
Wyle Hendrina Mupolo se pa, Elias Mupolo, het aanvanklik die saak saam met Hendrina se ma, Annemarie !Auchmus, aanhangig gemaak. !Auchmus het egter tien maande gelede haar siviele eis teen Meyer laat vaar.
MEYER SE VERKLARING
“’n Kind het skielik agter ’n skuinswal (windrow) opgespring terwyl ek gery het. Sy was reg voor die bakkie. Ek het dadelik na links uitgeswaai en rem getrap,” het Meyer in ’n verklaring gesê wat ingedien is as deel van die siviele verrigtinge.
Volgens Meyer het hy en sy vriend Kobus Prinsloo gery om te kyk of die wagte naby die boontjielande skofte omgeruil het, soos hulle elke dag om 07:00 veronderstel is om te doen.
Met hul aankoms kon Meyer glo sien hoe ’n groep mense sowat 500 meter weg, besig was om boontjies te oes. Hy het in hul rigting begin ry en glo vir hulle geskree om weg te gaan. Sommige van die mense het weggehardloop.
“Ek wil uitwys ek het baie stadig gery. Ek was in eerste rat en het sowat 10 tot 15 km per uur gery,” stel Meyer in sy verklaring.
Anita, Meyer se vrou en ’n bekende senior staatsaanklaer op Mariental, het ook ’n verklaring by die hof ingedien.
Beide se verklarings stem grotendeels ooreen en sy staaf alles wat Meyer in sy verklaring sê.
OUERS MOES GLO TOEKYK
Hendrina se ouers moes glo toekyk hoe Meyer na bewering hul dogter met sy voertuig raakgery het. Sy is later in die hospitaal op Mariental aan haar beserings dood.
Volgens die eisbesonderhede wat in Julie 2022 by die hof ingedien is, het beide ouers altesaam ’n totaal van N$10 110 000 geëis, maar nadat !Auchmus haar eis teruggetrek het, is dit slegs Mupolo wat N$5 060 000 eis.
!Auchmus het haar onttrekking by wyse van ’n kennisgewing by die hof ingedien. Sy het nie ’n rede vir haar onttrekking verskaf nie.
Buiten vir die beweerde trauma en skok wat die ouers glo moes verduur het, het hulle verder aangevoer dat hulle sielkundige berading benodig wat N$50 000 sal beloop en het ’n verdere N$10 000 geëis vir begrafnisonkostes.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie