Onderrig lê Mueller, Hellwig glo na aan hart
Nimt-moorde ‘verskeur’ families
Al drie getuies wat ter verswaring van Ernst Lichtenstrasser se vonnis getuig het, het aangevoer dat die vermoorde mans 'n reuse-impak op plaaslike onderrig gehad het.
Staatsgetuies in Ernst Lichtenstrasser se verhoor het almal gister lig gewerp op die vermoorde Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt)-direkteur, Eckhart Mueller, en sy adjunk, Heimo Hellwig, se geweldige en dikwels onbaatsugtige bydrae tot gehalteonderrig in Namibië.
Dít nadat Lichtenstrasser op 2 November skuldig bevind is aan beide se moorde.
Mueller se dogter, Dietlinde Jacobs het getuig: “Hy het op verskeie rade en komitees gedien, soos die Nasionale Beplanningskommissie, hy was die voorsitter van die Namibiese Kwalifikasieowerheid se raad en het nou saamgewerk met Duits-Namibiese inisiatiewe wat deur Duitse finansiering plaaslike ontwikkeling aangehelp het. Dit alles om onderrig in Namibië te bevorder.
“Hy het al sy energie in sy werk gesit. Hy was baie streng, nie net met homself nie, maar met ander ook omdat hy geglo het goeie werk moet gelewer word.”
“Hy het geweet wat dit beteken om onderrig van ’n hoë gehalte te ontvang en hy het te alle tye daarna gestreef om goeie onderrig aan studente te bied,” het Hellwig se vrou, Sabine Hellwig, getuig.
Die huidige direkteur van Nimt, Ralph Bussel, het getuig Mueller het selfs by een geleentheid Lichtenstrasser se seun, Klaus Kambangula, gehelp om sy tweede kwalifikasie by Nimt te voltooi.
Dít glo deur voorsiening vir akkommodasie op Arandis te maak.
“Hy was nie die enigste een nie. Mueller het baie geld uit sy eie sak betaal om ons studente te ondersteun. Hy het selfs leerlinge in sy huis ingeneem,” het Bussel getuig.
“Mueller was vasbeslote om altyd dissipline en hoë standaarde te handhaaf. Hy was passievol oor die ontwikkeling van die Namibiese jeug,” het Bussel verder gesê.
FAMILIE
Jacobs, Mueller se enigste biologiese dogter en die jongste van sy vier kinders, sê sy kon sien hoe haar drie ouer broers oornag oud geword het ná hul pa se dood.
Sy sê haar dogter, wat ten tyde van die moord twee en ’n half jaar oud was, koester steeds herinneringe saam met haar oupa.
Jacobs het getuig haar dogter kan nie meer die animasiereeks Heidi kyk nie omdat sy dit altyd saam met haar oupa gekyk het.
Jacobs sê haar familie het ná haar pa se dood uitmekaar geval en dat selfs berading haar nie kon help om dié verlies te verwerk nie.
“Ek sal nooit oor die wrede moord van my pa kom nie. Ek kan nie die persoon vergewe wat dit gedoen het nie. Hoe kan jy twee sulke wonderlike mense soos honde skiet? Dit is lafhartig,” het sy getuig.
Sabine het ook getuig sy kan steeds nie haar man se dood verwerk nie.
“Hy was my sielsgenoot. . . ons het ’n baie goeie huwelik gehad. Dit is hartseer dat dit in ’n oomblik kortgeknip is,” het sy gesê.
Die Hellwigs was ten tyde van die moord vyf jaar getroud.
VERDEDIGING
Lichtenstrasser het tydens die verrigtinge homself verdedig en sy onskuld volgehou ten spyte van regter Christie Liebenberg se bevindinge.
Die staatsaanklaer, Antonia Verhoef, het ’n vorige skuldigbevinding op ’n diefstalklag teen Lichtenstrasser ingedien ter verswaring van sy vonnis.
Lichtenstrasser het egter toe hy self ter versagting van sy vonnis getuig het, gesê hy het ’n eerlike lewe gelei. Hy het getuig hy was in die begin beïndruk met Mueller maar dat hierdie indruk later versuur het.
“Later het ek die indruk gekry dat hy Nimt as ’n kontantkoei gebruik het en sodoende die toekoms van 3 000 studente in gedrang geplaas het,” het hy getuig.
Hy het ook gesê hy is nie ten gunste van tronkstraf nie omdat hy glo dat hy weens sy gevorderde ouderdom in die tronk kan doodgaan.
“Dit sal ’n baie onwaardige manier wees om te sterf. Die manier waarop dié twee mans [Mueller en Hellwig] gesterf het was onwaardig, maar dit was vinnig en pynloos,” het hy gesê. Hy het voorgestel dat hy sy vonnis onder huisarres uitdien.
Lichtenstrasser het aangedui dat hy nog drie getuies wil roep ter versagting van sy vonnis. Die verhoor sal op 23 November hervat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie