Onderwyser kry borgtog ná beweerde verkragting
’n Onderwyser by Mbambi Junior Primêre Skool, Olavi Immanuel (30), is aangekla van die verkragting van ’n 19-jarige leerling. Hy is Maandag in die Rundu-landdroshof borgtog van N$2 000 toegestaan. Immanuel, wat ook teregstaan op aanklagte van die nabootsing van 'n polisiebeampte, het verlede week voor landdros Sonia Samupofu verskyn. Die saak is tot 26 November uitgestel vir verdere ondersoek.
Luidens hofstukke word Immanuel daarvan beskuldig dat hy Saterdag naby Rundu se Sauyemwa-lokasie onwettig en opsetlik 'n seksuele daad gepleeg het. Hy het na bewering fisieke geweld en dreigemente gebruik om die slagoffer tot die daad te dwing.
Die klagstaat verduidelik verder dat Immanuel "fisieke geweld toegepas het en deur woord of gedrag gedreig het om verdere geweld teen die slagoffer te gebruik".
Immanuel het Donderdag tydens ’n onderhoud bevestig dat hy teregstaan op klagte van verkragting, maar wou nie verder kommentaar lewer nie. Hy het gesê dat sy prokureur hom geadviseer het om stil te bly tydens die voortgesette regsproses.
Daar is gerugte dat Immanuel hom as 'n polisiebeampte voorgedoen het tydens sy ontmoeting met die slagoffer. Die polisie moet egter nog dié bewerings bevestig. Die slagoffer het wel na bewering ’n verklaring by die hof ingedien wat versoek dat Immanuel borgtog toegestaan word.
"Ek het geen beswaar teen borgtog nie. Die verdagte kan vir borgtog aanbeveel word omdat hy 'n onderwyser is," lui die verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie