‘Ons het steeds nie ’n dogter’
Wasserfall se pa getuig tydens finale betoë
'n Hartgebroke pa se getuienis en 'n emosionele brief van een van die beskuldigdes het Woensdag die Wasserfall-saak nader aan sy einde gebring.
“Die eerste beskuldigde is nie blind vir die erns van die klagte waarop sy skuldig bevind is nie. Sy besef haar dade het die oorledene se familie van ’n behoorlike afskeid ontneem en sy besef die feit dat die liggaam reeds ontbind was, was waarskynlik die rede hoekom die oorsaak van haar dood nie vasgestel kon word nie.”
Só het Azaan Madisia se regsverteenwoordiger, Albert Titus, namens haar gepleit tydens finale betoë voor vonnisoplegging.
Madisia en haar broer, Steven Mulundu, is steeds op regsverydeling skuldig bevind aangesien hulle Shanon Wasserfall se liggaam uit Madisia se woning verwyder het en in ’n afgeleë gebied naby Walvisbaai tussen die duine begrawe het.
Madisia is ook skuldig bevind op twee klagte van bedrog in verband met ’n selfoon en skootrekenaar wat sy onder valse voorwendsels as vermis aan haar versekeraar verklaar het.
GEBROKE FAMILIE
Die staatsaanklaer, Henry Muhongo, het tydens die staat se finale betoë voor vonnisoplegging Wasserfall se pa, Tega Matheus, na die getuiebank geroep.
Dit was die eerste keer dat een van Wasserfall se familielede in die verhoor getuig het.
“Dit het my gebreek om te weet daardie helpende hand wat jou vir maande ondersteun het, is dieselfde hand wat die skade aangerig het,” het hy getuig.
“Hierdie hoofstuk sal in die hof afgesluit word, maar dit sal steeds eindig met ons wat nie ’n dogter het nie,” het Matheus gesê terwyl hy na Madisia in die beskuldigdebank gekyk het.
BRIEF
Madisia het tydens die finale betoë die besluit geneem om nie te getuig ter versagting van haar vonnis nie.
Sy het eerder besluit dat Titus ’n brief aan die familie en Wasserfall se vyfjarige seun namens haar voorlees.
“Jy is nog te jonk om te verstaan wat aangaan. Ek wil hê jy moet weet sy was ’n awesome siel en sy het vir jou gelewe. Sy sal nooit sien wanneer jy op jou eerste afspraak gaan nie en sy sal nie sien hoe jy jou eerste graad kry nie,” skryf Madisia aan Wasserfall se seun.
Aan Wasserfall se kêrel, Petrus Shoopala, skryf Madisia: “Jy het ’n geliefde en ’n vriendin verloor. Ek is jammer ek het jou nooit vertel nie, soos ’n goeie vriendin sou doen.”
“Geen hoeveelheid woorde sal julle gebroke harte weer kan heel maak nie. Ek weet genade is vir ons almal beskore, maar as julle my dalk eendag kan vergewe sou dit vir my meer beteken,” het Madisia aan Wasserfall se familie geskryf.
VONNIS
Ná Dinsdag se uitspraak het die staat en die beskuldigdes onderskeidelik ter verswaring en versagting van hul vonnisse getuig.
Titus het namens Madisia ’n vonnis van drie jaar tronkstraf op die klag van regsverydeling en een jaar op elk van die twee klagte van bedrog voorgestel. Titus het ook voorgestel dat die twee jaar en ses maande wat Madisia reeds in aanhouding is, in ag geneem word.
Tanya Klaazen, Mulundu se regsverteenwoordiger het ook voorgestel dat hy drie jaar tronkstraf opgelê word op die klag van regsverydeling. Klaazen het aangevoer dat Mulundu se jong ouderdom, en dus onvolwassenheid, as versagtende omstandighede kan dien.
Liebenberg het hierop geantwoord dat sy ouderdom alleen hom nie noodwendig as onvolwasse voor die hof verklaar nie. Klaazen het toegegee dat hy eenvoudig op die beweerde onvolwassenheid weens sy ouderdom gevonnis word.
Muhongo het op Klaazen se argument oor Mulundu se onvolwassenheid geantwoord: “Onvolwasse mense begrawe nie liggame nie.”
Madisia en Mulundu sal op 13 Junie ’n laaste verskyning voor Liebenberg maak waartydens die sibbes gevonnis sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie