Opsigter wat skoolseuns verkrag, kry 68 jaar tronkstraf
’n Opsigter van ’n skoolkoshuis in Otjiwarongo is vandag in die hoërhof in Windhoek tot 68 jaar tronkstraf gevonnis. Mervin Nguyapeua (53) het tien skoolseuns verkrag en is in Oktober verlede jaar skuldig bevind op 32 aanklagte van verkragting. Nguyapeua was in diens van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur as skoonmaker, kok en opsigter.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie