Otji-boer vas oor krokodille

Net span nouer om vermeende wildmisdadigers
'n Bekende boer in die Otjiwarongo-distrik het Vrydag in die hof verskyn en is op borgtog van N$20 000 vrygelaat.
Francoise Steynberg
Die eenheid vir beskermde hulpbronne van die Namibiese polisie en omgewingsministerie se net span al hoe nouer om vermeende wildmisdadigers.

'n Bekende boer en jagoperateur inn die Otjiwarongo-distrik, Johan van Rensburg is Donderdag in hegtenis geneem nadat 'n lewende krokodil en 'n krokodilkarkas volgens die eenheid op sy plaas gevind is. Hy het Vrydag in die landdroshof op Otjiwarongo in verband met die onwettige jag en vervoer van twee krokodille verskyn.

Van Rensburg, die eienaar van Osonjiva Safaris Namibia, is op borgtog van N$20 000 vrygelaat en sy saak is vir verdere ondersoek tot 17 Februarie 2025 uitgestel.

Intussen is die vermeende wildmisdadiger en meester-jaggids Brian Roodt (34) weer 'n vry man.

Hy het Woensdag in die Outjo-landdroshof op nóg 'n klag van onwettige jag verskyn en is op borgtog van N$8 000 vrygelaat. Die saak is tot 9 April 2025 vir verdere ondersoek uitgestel.

'n Verdagte in die saak, ‘n bekende boer van die Outjo-distrik, moes saam met hom in die hof verskyn nie. Hy is egter nog nie in hegtenis geneem nie, want hy is tans in ‘n Windhoekse privaat hospitaal waar hy 'n hartoperasie moet ondergaan.

Hulle het volgens die klagstaat op die boer se plaas onwettig ‘n impala, bergsebra, vlaktesebra, Damara dik-dik, waterbok, steenbok, rooihartebees, gemsbok, springbok, koedoe, blesbok en rooikat gejag.

Roodt en sy kliënt het volgens die eenheid wel jagpermitte gehad, maar nie vir dié spesifieke plaas nie.

Die jaggids wat ook 'n finalis in die Mnr. Supranational 2023-kompetisie was, is vir die eerste keer op 24 Desember verlede jaar in hegtenis geneem waartydens hy sy eerste verskyning in die rondgaande hof op Dordabis gemaak het. Hy het Kersfees agter tralies deurgebring en op 27 Desember het hy op bykomende aanklagte in die hof verskyn. Roodt is op 28 Desember op borgtog van N$3 000 vrygelaat.

Hy staan tereg op verskeie wildmisdaadsake, waar onder sewe aanklagte in die Dordabis-distrik. Dit hou verband met die versuim om aan natuurbewaringsregulasies te voldoen. Dit sluit in die onwettige jag van beskermde wild (’n luiperd), onwettige jag in die nag en met honde, asook die onwettige besit van ’n luiperdvel en geldwassery.

Roodt het na bewering versuim om ’n jaarlikse jagverslag te voorsien oor waar, wanneer en watter wildspesies hy gejag het, asook die jagtrofeegetalle en name en nasionaliteite van sy kliënte.

In dié verband het Roodt na bewering ook inkorrekte inligting verskaf oor ’n seekoeijag met ’n Hongaarse kliënt wat hy nie aangemeld het nie.

Daarna het hy op 6 Augustus in die spesiale wildmisdaadhof in Katutura in die hoofstad verskyn waarna die saak tot 29 Oktober in die Windhoek-landdroshof uitgestel is vir pleit- en verhoordoeleindes. Roodt se verhoor is toe tot 11 Junie 2025 uitgestel omdat sy prokureur, Gilroy Kasper, nie beskikbaar was nie. Roodt is egter op dié dag weer in hegtenis geneem in verband met die beweerde oortreding in die Outjo-distrik waar hy tot Woensdag in aanhouding was.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!