• Tuisblad
  • Howe
  • Oud-RCC-hoë se verhoor begin alreeds in 2014
Anna Ndoroma en Hafeni Nghinamwaami staan saam met die voormalige uitvoerende hoof van die RCC tereg op klagte van bedrog. Foto argief
Anna Ndoroma en Hafeni Nghinamwaami staan saam met die voormalige uitvoerende hoof van die RCC tereg op klagte van bedrog. Foto argief

Oud-RCC-hoë se verhoor begin alreeds in 2014

Iréne-Mari van der Walt
Nege jaar ná hul eerste hofverskyning en sowat 18 jaar nadat die beweerde korrupsie en bedrog plaasgevind het, sal die voormalige uitvoerende hoof van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) en sy twee medebeskuldigdes ’n aansoek om kwytskelding ingevolge deel 174 van die Strafproseswet indien.

Die aansoek het net betrekking op sekere aanklagte teen hulle.

Dit volg nadat die staat gister sy saak teen die oud-RCC-hoof, Kelly Nghixulifa, en sakelui Anna Ndoroma en Hafeni Nghinamwaami, afgesluit het.

’n Voormalige sekretaresse van die RCC, Sophia Chimunda, het Dinsdag in die hoërhof onder meer getuig oor ’n “twyfelagtige” Memorandum van Verstandhouding (MoU) wat die RCC met vennote onderteken het. Sy het getuig dat Nghixulifa gesê het sy moet die MoU namens die maatskappy opstel.

Volgens haar hou die memorandum verband met die RCC se planne om B1 City in die hoofstad te ontwikkel. Dit ten spyte daarvan dat die RCC nie die grond besit het nie en geen waarborg gehad het dat die projek vrugte sou afwerp nie.

’n Ander entiteit het glo die grond besit en het ’n tender van die Windhoekse munisipaliteit ontvang, maar het volgens haar getuienis geld nodig gehad om die ontwikkeling te voltooi.

Chimunda sê sy was agterdogtig toe ’n derde maatskappy as ’n swartbemagtigingsvennoot by die projek betrek is, omdat sy onder die indruk was dat die RCC reeds dié rol vervul het.

Sy het glo na Rosh Pinah gereis om meer uit te vind. Nghixulifa het haar egter na bewering opdrag gegee om terug Windhoek toe te keer en “om nie die projek in gedrang te plaas nie”.

Nghinamwaami se regsverteenwoordiger, Trevor Brockerhoff, het tydens kruisondervraging aan Chimunda gestel dat Nghinamwaami in Februarie 2006 aan ’n ooreenkoms onttrek het waar die RCC aandele in Cradle Investments sou bekom.

Nghixulifa en sy twee medebeskuldigdes staan tereg op 11 klagte van bedrog en korrupsie. Ndoroma is ’n aandeelhouer van /Ae//Gams Engineering – wat glo die B1 City-grond besit het; en Nghinamwaami ’n direkteur van Cradle Investments – saam met wie die RCC onderneem het om die projek te ontwikkel.

Die klagte van bedrog teen dié drie spruit uit beweringe dat Nghixulifa sy posisie as uitvoerende hoof van die RCC misbruik het vir selfverryking aangesien hy ook ’n aandeelhouer van /Ae//Gams Engineering was en onder meer sowat N$4,5 miljoen van die RCC gebruik het om namens /Ae//Gams die grond vir die ontwikkeling te koop.

Regter Christie Liebenberg het reeds in 2014 die saak vir die eerste keer aangehoor.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!