Oudlanddros ontken enige misdrywe
Polisieman getuig in verkragtingsaak
Volgens die polisiebeampte se getuienis het hy die oudlanddros op heterdaad betrap, maar hy ontken steeds die verkragting.
Die polisiebeampte wat na bewering in 2015 gesien het hoe ’n voormalige landdros ’n vrou verkrag, het die afgelope twee dae in die hoërhof in Windhoek getuig.
Die oudlanddros mnr. Jaco Kennedy word daarvan beskuldig dat hy ’n vrou ontvoer en hy en sy neef – die medebeskuldigde in die saak – haar in ’n groep verkrag het.
Sersant Hipandwa Hamukwaya het getuig dat Kennedy die vrou in ’n voertuig naby die Katutura-staatshospitaal verkrag het en hy hom na bewering op heterdaad betrap het. Hy was glo met ’n mes gewapen.
Sy medebeskuldigde, mnr. Raymond Cloete, is glo naak in die passasiersitplek aangetref.
Die verdediging het Hamukwaya gister gekruisondervra en die verhoor duur vandag voort.
Kennedy het tydens kruisondervraging by monde van sy regsverteenwoordiger gesê hy het nooit seksuele omgang met die betrokke vrou gehad nie en hy verwerp Hamukwaya se getuienis het.
GETUIENIS
Hamukwaya het getuig dat hulle op die polisie se radionetwerk oor die voorval in kennis gestel is.
Met hul aankoms by die toneel, het ’n sekuriteitsbeampte na die voertuig gewys waar hy ’n vrou hoor skree het.
Volgens sy getuienis het hy na die voertuig gestap en ’n vrou gesien wat op haar hande en knieë op die agterste sitplek gestaan het. Kennedy was glo agter haar en het seksuele omgang met haar gehad. Hy het haar ook na bewering met die agterkant van die mes geslaan.
Hamukwaya het glo bloed aan die binnekant van die slagoffer se bobeen gesien, asook aan die kant van haar kop, agter haar oor.
Die slagoffer het glo aan die polisie verduidelik dat Kennedy en Cloete haar ’n saamrygeleentheid vanaf die middestad na Otjomuise aangebied het.
ANDER VROUE
Die duo is ná dié voorval in hegtenis geneem, maar beide is sowat ’n maand later op borgtog vrygelaat.
Kennedy is weer in Januarie 2016 in hegtenis geneem nadat hy glo weer vir ’n vrou ’n saamrygeleentheid aangebied en haar na bewering verkrag het.
Die twee mans staan tereg op klagte van verkragting, ontvoering, poging tot moord en regsverydeling.
Hulle het aan die begin van die verhoor onskuldig op alle klagte gepleit.
Mnr. Boris Isaacks is Kennedy se regsverteenwoordig en Cloete word deur mnr. Milton Engelbrecht verteenwoordig.
Die staatsaanklaer is die adjunk-aanklaer-generaal Innocentia Nyoni.
Die saak word deur regter Kobus Miller aangehoor en duur vandag voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie