Oudlanddros wil weer vir borg aansoek doen
Staan tereg op klagte van ontvoering, verkragting
Mnr. Jaco Kennedy het ook 'n aansoek gebring vir die staatsaanklaer om haarself aan die saak te onttrek.
Die oudlanddros mnr. Jaco Kennedy het Maandagoggend in die hoërhof in Windhoek verskyn en aangedui hy gaan vir ’n derde keer aansoek om borgtog doen.
Sy nuwe aansoek om borgtog is vir 5 Desember geskeduleer.
Kennedy word daarvan beskuldig dat hy en sy neef en medebeskuldigde, mnr. Raymond Cloete, op 3 Januarie 2015 ’n vrou ontvoer en verkrag het.
ONTTREKKINGSAANSOEK
Kennedy het ook ’n aansoek gebring dat die staatsaanklaer, adjunk-aanklaer-generaal Innocentia Nyoni, haarself aan die saak moet onttrek.
Betoë ten opsigte van dié aansoek sou tydens Maandag se verrigtinge gelewer word, maar die staat het aangedui hulle is nie gereed nie en het versoek dat die saak uitgestel word.
Volgens die staat is hulle nog in die proses om hofrekords te transkribeer en het daarvoor gewag voordat hulle hul beantwoordende beëdigde verklaring indien.
Die voorsittende regter Kobus Miller het partye gewaarsku om nie onnodig tyd te mors nie.
“Die saak sloer al sedert 2018 en daar is steeds talle bewyse wat gelei moet word,” het Miller gesê.
BORGTOGAANSOEK
Kennedy is ’n maand ná sy inhegtenisname op borgtog vrygelaat.
Hy is weer in Januarie 2016 in hegtenis geneem aangesien hy van nog ’n verkragting beskuldig is en is sedertdien in aanhouding.
Kennedy het reeds twee keer aansoek om borgtog gedoen en die laaste aansoek het regter Marlene Tommasi in 2020 in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys. Dit nadat die staat aangevoer het dat Kennedy tydens sy eerste borgtogaansoek meineed gepleeg het.
Kennedy het glo tydens sy eerste aansoek om borgtog in die landdroshof in 2016 gesê hy het nie die klaer in sy tweede klag van verkragting geken nie en hy nie op 31 Desember 2015 op die verkragtingstoneel teenwoordig was nie.
In sy tweede borgtogaansoek het hy wel erken dat hy die klaer ken, maar het beweer die seksuele omgang was konsensueel.
In Tommasi se uitspraak het sy uitgewys dit het sy geloofwaardigheid geskend.
Tydens dié verrigtinge het dit ook aan die lig gekom dat hoewel Kennedy dit ontken het, het hy wel een van die klaers ná die voorval probeer kontak. Tommasi het daarom by haar uitspraak bygevoeg dat daar ’n vrees bestaan dat Kennedy met die klaers, getuies en ondersoek kan inmeng.
Die nuutste aansoek om borgtog sal na bewering op nuwe feite gebaseer wees, maar die gronde daarvoor is nog nie bekend nie.
Kennedy het tydens gister se verskyning gesê hy het nog nie iemand om hom in dié aansoek te verteenwoordig nie.
In die hoofverhoor word Kennedy deur mnr. Boris Isaacks verteenwoordig en Cloete se regsverteenwoordiger is mnr. Milton Engelbrecht.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie