Steve Booys se aansoek om appèl is van die rol geskrap. Foto Argief
Steve Booys se aansoek om appèl is van die rol geskrap. Foto Argief

Oudparlementariër bly in aanhouding

Iréne-Mari van der Walt
Regter Christie Liebenberg het Vrydag die voormalige Swapo-parlementslid en raadslid vir die Okahandja-kiesafdeling, Steve (Biko) Booys, se aansoek om kondonasie van die hand gewys.

Gevolglik sal Booys se aansoek om appèl teen die beslissing van die landdroshof in Okahandja om hom borgtog te weier, nie aangehoor word nie.

Booys se aansoek om appèl kom presies twee jaar ná landdros Khaepriums Swartz se uitspraak, wat sy formele aansoek om borgtog van die hand gewys het.

Ingevolge die wet moet ’n kennisgewing van appèl 14 dae ná die afhandeling van ’n verhoor aan ’n klerk van die hof gerig word.

In sy appèlverhoor het Booys aangevoer die vertragings was weens ’n gesloer deur sy regsverteenwoordigers. Booys het in die twee jaar vier regsverteenwoordigers gehad.

Liebenberg het egter gesê Booys moet nie net ’n verduideliking kan gee oor die rede vir die vertragings nie, maar moet ook kan bewys dat hy redelike vooruitsig het op sukses in sy appèl.

Booys se verduidelik dat hy “glo [hy] het goeie vooruitsigte van sukses in sy appèl gebaseer op die gronde in sy kennisgewing van appèl” is volgens Liebenberg onvoldoende.

Booys staan tereg op twee klagte van verkragting, alternatiewelik bloedskande, nadat hy na bewering ’n familielid in 2021 verkrag het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!