Oudparlementslid eis sy vrylating
Ly aan diabetes, chroniese nierversaking
Geoffrey Mwilima beweer dat die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit hom moet vrylaat op grond van sy lewensgevaarlike mediese kwale.
Kristien Kruger – Die voormalige parlementslid Geoffrey Mwilima wat sedert sy inhegtenisname in Augustus 1999 al meer as 23 jaar in die tronk is, eis dat hy vrygelaat moet word op grond van sy mediese toestand.
Hy versoek nou ’n dringende interdik by die hoërhof vir sy vrylating en ’n bevel om die besluit deur die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, om hom nie vry te laat nie, tersyde te stel en te hersien. Die betrokke besluit is in Desember verlede jaar geneem.
Regter Marlene Tommasi sal op 3 Maart uitspraak in die saak lewer.
Mwilima dien tans ’n vonnis vir hoogverraad uit ná sy betrokkenheid by ’n mislukte poging om die Namibiese regering in die Zambezistreek omver te werp. Hy is in Desember 2015 tot 18 jaar tronkstraf gevonnis wat daarna tot 15 jaar verminder is ná hy teen die vonnisoplegging geappelleer het.
MEDIESE TOESTAND
Regter Esi Schimming-Chase het in November verlede jaar beveel dat die mediese beampte by die Windhoek Sentrale Gevangenis – waar Mwilima aangehou word – moes vasstel of hy aan enige lewensgevaarlike siektes ly en of sy aanhouding nadelig vir sy gesondheid is.
Schimming-Chase het verder beveel dat die mediese beampte dan ’n aanbeveling aan die minister moet maak en die minister kan dan ingevolge die wet op korrektiewe diens, die gevangene vrylaat op mediese gronde.
Volgens ’n verslag van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) se hoof van gesondheidsorgdienste, dr. Tony Lumbidi, ly Mwilima aan diabetes en chroniese nierversaking. Luidens dié verslag wat op 24 November 2022 uitgereik is, word albei dié toestande as lewensgevaarlik beskou.
Lumbidi het wel bygevoeg dat Mwilima gereelde dialisesessies ontvang en toegang het tot sy private dokters wanneer dit benodig word. Hy het daarom tot die gevolgtrekking gekom dat sy gevangenisstraf nie nadelig vir sy gesondheid sal wees nie.
Kawana het op 12 Desember op Lumbidi se verslag gereageer en in ’n brief gesê dat hy kennis neem van die besluit en dat die mediese beampte Mwilima van die besluit moet in kennis stel.
Mwilima voer aan dat Kawana versuim of geweier het om sy vrylating te magtig en dat sy voortgesette tronkstraf ’n bedreiging vir sy lewe inhou en sy reg tot waardigheid skend.
In Mwilima se beëdigde verklaring voer hy aan wanneer ’n mediese beampte vasgestel het dat ’n gevangene aan ’n lewensgevaarlike siekte ly, dit die minister se plig is om die kommissaris-generaal van NCS te raadpleeg en die gevangene vry te laat.
Kawana beweer dat hy hom nie sonder die nodige aanbeveling op mediese gronde kan vrylaat nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie