Oudreservis gevonnis in Fishrot-omkoperysaak
Die voormalige polisiereservis wat saam met die Fishrot-beskuldigde, James Hatuikulipi, van bedrog aangekla is, is vandeesweek tot drie jaar tronkstraf gevonnis.
Hoewel Hatuikulipi verlede maand onskuldig bevind is op al die aanklagte teen hom, is Sakaria Kokule (51) aan bedrog, korrupsie en rampokkery skuldig bevind.
Hy het in Januarie 2020 gepoog om ’n beampte van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) met N$250 000 om te koop in ruil vir bewysstukke waarop die ACC in verband met die Fishrot-ondersoek beslag gelê het.
Die bewysstukke wat Kokule destyds in die hande wou kry, was sekere dokumente en bankkaarte wat aan Hatuikulipi en een van sy medebeskuldigdes, Pius Mwatelulo, behoort het.
Kokule is sedert sy inhegtenisneming in Januarie 2020 in aanhouding en landdros Kandiwapa Nembia het hom Dinsdag in die Windhoek-landdroshof gevonnis.
Luidens die vonnisoplegging is hy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is. Die opskorting is vir vyf jaar geldig op voorwaarde dat hy nie soortgelyke misdade pleeg nie.
HATUIKULIPI
Hatuikulipi is in die Windhoek-landdroshof vrygespreek op aanklagte van omkopery en poging tot dwarsboming van die gereg.
Hatuikulipi en Kokule is aanvanklik saam met ’n derde beskuldigde, Jason Iyambo, aangekla, maar hy het aan die begin van die verhoor skuldig gepleit op ’n klag van poging tot dwarsboming van die gereg. Hy is destyds tot nege maande tronkstraf gevonnis.
Die ACC-beampte wat genader is in ’n poging om hom om te koop, was Junias Iipinge. Hy was een van die getuies en het aangevoer dat Kokule hom gebel het.
Hy het glo verduidelik dat Iyambo Hatuikulipi in die tronk besoek het en Hatuikulipi hom na bewering gevra het om te kyk of daar enige manier is om die bankkaarte terug te kry. Daarna het Iyambo glo vir Kokule gebel, wat toe na bewering vir Iipinge gebel het.
Hatuikulipi se regsverteenwoordiger het tydens die verhoor gesê daar is nie genoegsame bewyse teen sy kliënt om hom skuldig te bevind nie. Hy het aangevoer dat die staat se saak teen Hatuikulipi slegs uit hoorsê-bewyse bestaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie