Oudwerknemers van Air Namibia midde-in regstryd
Bemiddeling onsuksesvol
'n Destydse direksielid van Air Namibia het 'n lastersaak teen 'n voormalige bestuurder van die lugredery aanhangig gemaak.
Twee vlieëniers wat voorheen by die voormalige nasionale lugredery van Namibië betrokke was, se regstryd duur voort nadat bemiddeling nie geslaag het nie.
’n Voormalige lid van Air Namibia se raad van direkteure, mnr. Alois Nyandoro, het ’n hofsaak teen die destydse bestuurder van vlugoperasies, mnr. William Ekandjo, aanhangig gemaak rakende ’n brief wat hy na bewering kaadwillig gepubliseer en versprei het.
Die brief was volgens Nyandoro lasterlik en het skade aan sy reputasie, goeie naam en integriteit aangerig.
Nyandoro eis N$200 000 in skadevergoeding en hoewel die hoërhof in Windhoek die saak na bemiddeling verwys het, was dit onsuksesvol en sal die verhoor vandag (5 Mei) begin.
Ekandjo het die betrokke brief aan die voorsitter van die direkteursraad gerig en het daarin beweer Nyandoro viktimiseer hom.
Nyandoro is ook in die brief daarvan beskuldig dat hy medepligtig was aan onetiese praktyke en dat hy ten tyde deur Air Namibia se dissiplinêre komitee aangekla is van misdrywe wat verband hou met seksuele teistering en traumatisering van 'n werknemer.
“Die bogenoemde stellings, insinuasies en voorstelle aangaande die eiser is gepubliseer, versprei en onder die aandag gebring van die bekleërs van verskeie poste binne die raamwerk van die Namibiese lugvaartbedryf en algemene administrasie van die Namibiese regering.
“Die stellings word vererger deur die feit dat die verweerder [Ekandjo] die afgelope jare voortdurend probeer het om die eiser [Nyandoro] onder verdenking te plaas en te belaster,” lui die besonderhede van die eis wat Nyandoro se regsverteenwoordiger by die hof ingedien het.
‘STELLINGS IS WAAR’
Ekandjo het in sy pleitstukke ontken dat die verklarings onregmatig en lasterlik is.
“Die verweerder [Ekandjo] is in die werkplek aan viktimisasie onderwerp, wat daartoe gelei het dat hy 'n klag by die raad van direkteure gemaak het, nes prosedure vereis,” lui sy pleitstukke wat op 10 September 2021 by die hof ingedien is.
Hy ontken ook dat die stellings in die brief die eiser se reputasie, goeie naam en waardigheid benadeel het. Hy beweer die brief was deel van interne prosedure by Air Namibia en was nie aan die algemene publiek gesirkuleer nie.
“Die inhoud van die brief is 'n ware weerspieëling van die waarnemings wat die verweerder [Ekandjo] gemaak het in sy hoedanigheid as bestuurder van vlugoperasies en die onbillike behandeling waaraan hy onderwerp is.
“Die inhoud is billike kommentaar en was in die belang van die maatskappy en die betrokke belanghebbendes,” stel Ekandjo in sy pleitstukke.
Nyandoro het op 3 Februarie 2021 as direkteur bedank. Hy het ook in die verlede gedien as die hoofvlieënier en direkteur van opleiding vir die staatslugvervoerdienste (VVIP-vlugdepartement) en was sedert 1999 die presidensiële vlieënier.
Die verhoor begin vandag en sal deur regter Herman Oosthuizen aangehoor word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie