• Tuisblad
  • Howe
  • Ouma stel eis in ná kind glo by skool aangerand is
Foto argief
Foto argief

Ouma stel eis in ná kind glo by skool aangerand is

Staat het nog nie gereageer nie
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is hof toe gesleep nadat een van sy werknemers glo 'n negejarige kind geklap het.
Kristien Kruger
Die ouma van ’n negejarige wat na bewering by sy skool op Gobabis aangerand is, eis nou N$2 miljoen in ’n hofsaak teen die staat en die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.

Die kind is glo “gelyktydig met twee hande aan die kant van sy gesig geslaan en die klap het glo sy kop en ore getref”.

In hofstukke wat by die hoërhof in Windhoek ingedien is, beweer die ouma dat ’n vrou in diens van die onderwysministerie glo die kind geklap het – dit is nie duidelik of sy ’n onderwyseres is of nie.

Die ouma noem wel in haar eisbesonderhede dat die kind in hierdie vrou se sorg gelaat is.

“Die kind was haar verantwoordelikheid en sy het nie haar verpligtinge nagekom nie,” lui die hofstukke.

Die voorval het op 28 Julie 2023 naby die Laerskool Tianjiu op Gobabis plaasgevind.



'GEHOOR VERLOOR'

Die ouma beweer verder dat die kind daarna duiseligheid, erge hoofpyn en bloeding van sy linkeroor ervaar het.

Die kind is na bewering na die staatshospitaal op die dorp vir ’n mediese ondersoek en behandeling geneem.

“Die minderjarige kind het ’n skeuring van die trommelvlies opgedoen en gehoor in sy regteroor verloor,” lui die ouma se eisbesonderhede.



SKADEVERGOEDING

Die ouma eis N$2 miljoen van die staat, die ministerie en die betrokke vrou.

Volgens die eisbesonderhede is N$500 000 daarvan vir pyn en leiding; N$400 000 vir emosionele en sielkundige skok, trauma en ongerief; N$500 000 vir gestremdheid en misvorming, N$400 000 vir wrede, onmenslike en vernederende behandeling; N$100 000 vir die verlies aan lewensgemak en die oorblywende N$100 000 word vir toekomstige mediese onkoste geëis.



BEMIDDELING

Hoewel die staat nog nie hulle beantwoordende beëdigde verklaring by die hof ingedien het nie, het hulle reeds die hof in kennis gestel van hul voorneme om die saak teen te staan.

Ingevolge ’n saakbeplanningsbevel wat vandeesweek op die hof se aanlyn stelsel (e-justice) opgelaai is, het regter Beatrix de Jager hulle tot 15 November gegee om pleitstukke in te dien.

Die saak is na hofgefasiliteerde bemiddeling verwys en is verder tot 22 Januarie 2025 uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!