Outjo-'bosslagters' borgtog geweier
Boere en die gemeenskap van Outjo het gister met plakkate by die landdroshof opgedaag om hul teenkanting teen borgtog vir die vier vermeende bosslagters te opper. Die vier beskuldigdes wat op aanklagte van veediefstal van 31 beeste ter waarde van N$372 000 op twee verskillende plase naby Outjo aangekla word, is borgtog geweier. Kilian Tjikaka Masele (47), Matias Kaulikengelelwa Kataeko (34), die 30-jarige Vevangapi Kambapa en Titus Negongo (41) is Saterdagoggend vroeg na ‘n grootskaalse gesamentlike operasie deur die Namibiese polisie, boere, die gemeenskap en die Outjo-buurtwag in hegtenis geneem. Beslag is op die taxi gelê. Vee- en wilddiefstal vier hoogty in die Kunenestreek. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie