Pa kry 20 jaar ná hy dogters verkrag
‘Hulle het hom nie vergewe nie’
Die pa van agt kinders is skuldig bevind aan die verkragting van sy tien- en twaalfjarige dogters.
Die 48-jarige man wat sy twee minderjarige dogters verkrag het, is Vrydag in die landdroshof op Mariental tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Beide meisies was onder die ouderdom van 13 en die veroordeelde kinderverkragter is ook die biologiese pa van ses ander kinders.
Dit volg nadat die man reeds in Oktober 2014 in hegtenis geneem en verhoor is op drie klagte van verkragting. Hy is wel van een klag kwytgeskeld.
VONNIS
Landdros Frans Anderson het hom tot 15 jaar tronkstraf vir elk van die aanklagte gevonnis, hoewel tien jaar van die tweede klag se vonnis samelopend met die eerste klag se vonnis uitgedien sal word en daarom sal hy effektief 20 jaar agter tralies wees.
“Die erns van die oortreding, die publieke belang en die belang van die slagoffers weeg baie swaarder as die oortreder se persoonlike omstandighede. Die oortreding vereis ’n strawwe vonnis, tesame met rehabilitasie,” het Anderson in sy uitspraak gesê.
Anderson het daarop gewys dat die verkragter ’n eerste oortreder is, reeds byna nege jaar in aanhouding is en verskeie gesondheidskwale het.
Dit het die regter egter nie oortuig dat hy moet afwyk van die voorgeskrewe vonnis van 15 jaar tronkstraf vir verkragting nie. Hy het wel bygevoeg hy hoop die man sal ná die uitdiening van sy vonnis kan terugkeer na die samelewing as ’n beter en gerehabiliteerde persoon.
Die staatsaanklaer, Eric Naikaku, het tydens finale betoë aangevoer dat die man sy gesag oor die jong meisies misbruik het en voordeel getrek het uit die vertroue wat hulle in hom gehad het. Naikaku het aangevoer dat die man ernstig hiervoor gestraf moet word.
MA GETUIG
Die meisies se biologiese ma het ook tydens die verhoor, wat reeds in Augustus 2020 begin het, getuig dat die slagoffers se welsyn agteruit gegaan het ná die verkragting. Een van die meisies, wat 12 jaar oud was ten tyde van die verkragting, het sedertdien swanger geraak en moes die skool verlaat. Die ander meisie, wat destyds tien was, moes van skool verander omdat die kinders haar gespot het oor die verkragting.
“Hulle het nie hul pa vergewe nie en wil niks van hom hoor nie,” het die ma getuig.
Die man se naam sal nie bekend gemaak word nie in ’n poging om die minderjarige slagoffers se identiteite te beskerm. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie