Die appèlaansoek is by die hoërhof op Windhoek aanhangig gemaak. Foto Argief
Die appèlaansoek is by die hoërhof op Windhoek aanhangig gemaak. Foto Argief

Pa van agt appelleer teen vonnis

Skuldig bevind aan verkragting
Kristien Kruger
’n Pa van agt kinders en pleegouer van vyf weeskinders, appelleer teen sy vonnis en skuldigbevinding vir verkragting.

Jonas Rupare Kaleyi is in September 2021 in die Rundu-streekhof skuldig bevind op een klag van verkragting en aanranding en is gevolglik tot tien jaar tronkstraf gevonnis ten opsigte van die verkragtingsklag en ’n boete van N$1 000 of drie maande tronkstraf vir die aanrandingsklag.

Hy het ’n aansoek om appél by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak en beweer die betrokke landdros het versuim om die bewyse te evalueer voordat hy hom skuldig bevind het.

In sy betoë wat by die hof ingedien is, beweer Kaleyi daar is nie tydens sy verhoor genoegsame bewyse gelewer om met sekerheid te sê dat die verkragting wel plaasgevind het nie.

Hy sê die klaagster se getuienis het verskeie teenstrydighede bevat en aangesien sy die enigste getuie was wat oor die verkragtingsklag kon getuig, moes haar getuienis met omsigtigheid hanteer word.

Kaleyi voer verder aan hy is ’n swaar vonnis opgelê en dat dit teen die bepalings van die Wet op die Bekamping van Verkragting 8 van 2000 is.

Die staat staan die appèlaansoek teen en voer aan die skuldigbevinding en vonnisoplegging is gepas onder die omstandighede.

Die staat versoek dat die aansoek van die hand gewys word.

“Ons voer aan die klaagster se weergawe is geloofwaardig aangesien dit nie onder kruisondervraging bevraagteken is nie. Die beskuldigde se weergawe, dat die klaagster toestemming gegee het, is nie aan die klaagster tydens kruisondervraging gestel nie en sy kon daarom nie daarop reageer nie. Die landdros het dus nie fouteer toe hy die weergawe van die beskuldigde verwerp het nie,” lui die staat se betoë wat by die hof ingedien is.

Partye het Maandag voor regters Naomi Shivute en Herman January in die hoërhof in Windhoek verskyn.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!