‘Papa Ramon’ misbruik glo kinders
Kinderhuisstigter se verhoor hervat
Die oorgrote meerderheid van die slagoffers is glo minderjarige Himba-meisies wat in die gebied woon.
Elf minderjarige meisies in die Kunenestreek het ’n middeljarige Duitse sendeling en die stigter van 'n kinderhuis in Opuwo uitgeken as die persoon wat hulle glo seksueel misbruik het.
Ramon Flick (51) se verhoor het gister in die Ondangwa-landdroshof voor landdros Erich Kesslau hervat waartydens een van die minderjarige slagoffers getuig het. Dit was die derde minderjarige slagoffer om getuienis af te lê in 'n kindervriendelike omgewing by die hof. Die verhoor sal na verwagting vandag voortduur.
‘PAPA RAMON’
Flick het ’n kinderhuis, Papa Ramon's Hope Kids, geopen wat volgens hul webtuiste 'n geregistreerde organisasie is wat skoolopleiding verskaf aan kinders in nood uit gemarginaliseerde stamme in Noord-Namibië.
Die kinderhuis dien glo as ’n veilige hawe vir kinders en fokus na bewering op godsdiens.
"Leer Christelike waardes deur lewenstyl en daaglike blootstelling aan die Evangelie," lui die kinderhuis se webtuiste waarop mense ook die keuse het om 'n kind by te staan en te borg.
Op die kinderhuis se Facebookblad word daar na Flick verwys as “Papa Ramon”.
TWEE KEER GEVANG
Gemeenskapslede het Flick by die plaaslike owerhede aangegee en ná ’n ondersoek van stapel gestuur is, is hy in Desember 2021 in hegtenis geneem vir beweerde seksuele dade met minderjariges.
Flick is egter daarna, in Januarie 2022, in die Opuwo-landdroshof borgtog van N$50 000 toegestaan en sy reisdokumente is aan die owerhede oorhandig. Hy is ook beveel om nie by die ondersoek in te meng of met staatsgetuies kontak te maak nie. Hy mag ook nie die Opuwo-omgewing verlaat het sonder om owerhede daarvan in kennis te stel nie.
Volgens destydse mediaberigte was die inwoners van Opuwo ontevrede met die landdroshof se beslissing om borgtog aan Flick toe te staan en ’n vermeende seksoortreder terug in die gemeenskap te plaas.
Flick is wel weer in Oktober 2022 in hegtenis geneem nadat hy glo nog agt meisies seksueel misbruik het. Hy is dié keer borgtog geweier en hy is sedertdien in aanhouding.
Na bewering is die oorgrote meerderheid van die slagoffers minderjarige Himba-meisies wat in die gebied woon.
GEVANGENISBEDIENING
Op die kinderhuis se webtuiste deel die organisasie ook hul projek om mense in nood by te staan deur bediening in die tronk.
“Uiteraard help dit om een van die beskuldigdes in aanhouding te wees (ek beveel dit egter nie aan nie!), want 'n mens kan die toestande en frustrasies van die lewe sonder vryheid beter verstaan, ‘maats’ maak en 'n basis van vertroue ontwikkel en mense is meer bereid om te luister,” lui ’n plasing op die webtuiste wat deur Flick geskryf is.
Volgens die plasing het 350 gevangenes van Opuwo en 150 in aanhouding in Oshakati God aangeneem en Hom in hul lewens ingenooi.
“Ons is dankbaar en geseënd dat God vir Papa Ramon gebruik om Sy koninkryk uit te brei tydens sy lang, ongeregverdigde tyd in aanhouding (reeds 13 maande).”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie