'Papa Ramon' weer in hof
Die Duitse sendeling wat na bewering 11 minderjarige meisies in die Kunenestreek seksueel misbruik het, het verlede week in die landdroshof op Ondangwa verskyn vir die hervatting van sy verhoor.
Ramon Flick (51) is die stigter van ’n kinderhuis op Opuwo, genaamd Papa Ramon’s Hope Kids. Volgens hul webtuiste is dit ’n geregistreerde organisasie wat skoolopleiding verskaf aan kinders in nood uit gemarginaliseerde gemeenskappe in die noorde van Namibië. Die kinderhuis dien glo as ’n veilige hawe vir kinders en fokus na bewering op godsdiens.
“Leer Christelike waardes deur lewenstyl en daaglike blootstelling aan die Evangelie,” lui die kinderhuis se webtuiste.
Op die kinderhuis se Facebookblad word daar na Flick verwys as “Papa Ramon”.
Na bewering is die meerderheid van die slagoffers minderjarige Himba-meisies wat in die gebied woon.
Gemeenskapslede het Flick by die plaaslike owerhede aangegee en ná ’n ondersoek van stapel gestuur is, is hy in Desember 2021 in hegtenis geneem vir beweerde seksuele dade met minderjariges. Flick is egter daarna, in Januarie 2022, in die Opuwo-landdroshof borgtog van N$50 000 toegestaan. Flick is wel weer in Oktober 2022 in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Flick doen ook tans bediening in die tronk. Volgens die plasing het 350 gevangenes van Opuwo en 150 in aanhouding in Oshakati God aangeneem en Hom in hul lewens ingenooi. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie