Paragon sê Menzies kan 'hel toe gaan'

Mathias Haufiku
Ten spyte van opeenvolgende nederlae in die hof, weier Menzies Aviation Namibia om die aftog te blaas.

Teen druktyd gister was die uitslag nog nie bekend van ’n dringende aansoek wat Menzies teen sy mededinger, Paragon Investments, ingedien het nie.

Die onderneming beweer Paragon Investments het nie die nodige ervaring om grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) te lewer nie.

Menzies maak dié aantyging in ’n verklaring wat uitgereik is ná die hooggeregshof se uitspraak van Vrydag waarin hy ’n appèlsaak verloor het.

Dié appel was teen die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se versoek dat Menzies die perseel moet ontruim sodat Paragon sy dienste kan oorneem. Menzies lewer sedert 2014 grondhanteringsdienste by die lughawe.

Menzies se visepresident vir kommersiële en besigheidsontwikkeling in Namibië en Suid-Afrika, Ian van Rooyen, sê: “Ons kan nie kommentaar kan lewer oor ’n regsgeding wat tans aan die gang is nie. Ons het dit egter duidelik gemaak aan die NAC en aan die nuwe entiteit namens wie die uitsetting aangevra en toegestaan is, dat die ander voortgesette hofverrigtinge wat Menzies aanhangig gemaak het om die kontrak wat toegeken is aan ons mededinger (wat nie ondervinding en kapasiteit het om die nodige dienste te lewer nie) sal voortduur totdat Menzies al sy regte verkry het.”

Desmond Amunyela, medestigter van Paragon, het gister op dié uitlatings gereageer en Menzies daarvan beskuldig dat hy ’n “aanspraakmakery-sindroom” het.

“Ons is deur alle relevante owerhede gesertifiseer; Menzies is in geen posisie om ons te evalueer nie. Hulle het nooit eens ’n inspeksie by ons gedoen nie, so hoe kan hulle tot die gevolgtrekking kom dat ons nie ervaring het nie?” het hy gevra.

Amunyela het verder gesê: “Dit is duidelik dat Menzies Namibiërs ondermyn. Snaaks genoeg is die meeste van hul werkers Namibiërs – net soos ons s’n.

“As Namibiërs so onbekwaam is, hoekom was die meeste van hul werkers dan nie buitelanders nie?”

Die sakeman en politikus het gesê sy span is gereed om die grondhanteringsdienste oor te neem.

"Ons is baie ervare en ons beskik oor die nodige vaardighede om ons werk te doen," het hy gesê en ontstoke bygevoeg: “As hulle (Menzies) aanhou met hierdie aanspraakmakery-sindroom, kan hulle hel toe gaan. Ons sal sonder kinderhandskoene met hulle afreken.”

GEE ONS TYD

In Menzies se verklaring het Van Rooyen ook gevra vir meer tyd om die lughawe te ontruim, aangesien hy meen die spertyd is op te kort kennisgewing gegee.

Menzies is deur NAC kennis gegee dat hy sy plek by HKIA moet ontruim en die bedrywighede by die lughawe vandag moet oorgee.

“Ons voel sterk dat sodanige uitsettingskennisgewing onredelik en prakties onhaalbaar is en die veiligheid en sekuriteit van die bedrywighede in gevaar stel. Ons volg alle stappe en maatreëls om dit te versag en uit te daag.

“Ons werk 24 uur per dag saam met ons regspan vir geregtelike verligting om te verhoed dat die nuwe kontrak geïmplementeer word of ten minste om dringende verligting te verkry om ’n redelike en uitvoerbare oorgangsproses te verseker,” het Van Rooyen gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!