Partye se deskundiges weerspreek mekaar
Padongelukspesialis bevraagteken staatsgetuie
Een van mnr. Jandré Dippenaar se verdedigingsgetuies het verlede week aan die hof gesê die staat se deskundige getuie se ontleding van die ongelukstoneel is wetenskaplik nie korrek nie.
Die deskundige getuie wat die beskuldigde, mnr. Jandré Dippenaar, en sy regspan verlede week na die getuienisbank geroep het, weerspreek die weergawe van gebeure soos deur die staat se deskundige voorgelê is.
Mnr. Stanley Bezuidenhoudt, ’n forensiese padongelukspesialis, het verlede week aan die hof gesê die staat se deskundige getuie, mnr. Johan Joubert, se ontleding van die ongelukstoneel is glo wetenskaplik nie korrek nie.
Hy het in sy getuienis aangevoer die wetenskaplike metode was verkeerd wat Joubert vir sy ontleding gebruik het, en het verder opgemerk dat Joubert eers sewe dae ná die ongeluk die ongelukstoneel besoek het.
Volgens Bezuidenhoudt se ontleding is die staat se berekening van die spoed van beide voertuie en die bane waarin hulle voor die ongeluk gery het, onbetroubaar. Hy beweer die spoed waarteen die voertuie gery het, was nie so vinnig soos die staat beweer nie.
Bezuidenhoudt het verder aangevoer Dippenaar wat ’n FJ Cruiser bestuur het, het volgens sy ontleding aan die linkerkant van die pad gery en nie aan die verkeerde kant soos die staat beweer nie.
Ná ’n gru-ongeluk naby Hentiesbaai op 29 Desember 2014, staan Dippenaar tereg op ses klagte van moord, asook klagte van roekelose en nalatige bestuur.
Op dié noodlottige dag was Dippenaar se FJ Cruiser met drie ander insittendes, me. Dinah Pretorius, me. Charlene Schoombe en mnr. Jan-Carel Horn, in ’n kop-teen-kop-botsing met die Ford Ranger waarin die Duitse toeriste, mnr. Markus Joschko en me. Stephanie Joschko, en hul dogters Alexandra en Antonia Joschko gereis het.
Dippenaar en Antonia (destyds 16 jaar oud) was die enigste oorlewendes.
Bezuidenhoudt het ook vorige staatsgetuies se getuienisse bevraagteken dat die ongeluk plaasgevind het nadat Dippenaar die Joschko-gesin se voertuig teen ’n hoë spoed verbygesteek het, oomblikke voordat hy ’n blinde hoogte op die grondpad, sowat 12 km vanaf Hentiesbaai, bereik het.
Hy het die tegniese aspekte voorgelê en opgemerk die tyd en plek van die ongeluk soos deur getuies weergegee, is teenstrydig met die fisieke bewysstukke.
Hy het verder daarop gewys dat die polisiefotograaf eers twee dae ná die ongeluk die toneel besoek het en bevraagteken sodoende ook die geldigheid van foto's van die ongelukstoneel, wat die staat as bewysstukke ingedien het.
Die moordverhoor is Vrydag uitgestel nadat Bezuidenhoudt die hof in kennis gestel het van sy sinusprobleme wat veroorsaak het dat hy nie duidelik kon praat nie.
Die verhoor is tot 27 Maart 2023 uitgestel en is geskeduleer om tot 31 Maart te duur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie