PAS IN: Amerikaners wil appelleer
Hoewel die twee Amerikaners, Marcus Thomas en Kevan Townsend, vanoggend in die hoërhof in Windhoek verskyn het vir die aanhoor van hulle aansoeke om verlof tot appèl om hulle vonnisopleggings en skuldigbevindings in die hooggeregshof te kan appelleer, is die saak egter uitgestel tot Januarie.
Thomas se regsverteenwoordiger het homself vanoggend van die saak onttrek en die saak is uitgestel om vir Thomas geleentheid te gee om nuwe verteenwoordiger te kry. Thomas het aangedui dat hy 'n privaatprokureur wil aanstel.
Die mans is skuldig bevind op die moord van André Heckmair wat in Januarie 2011 in Windhoek plaasgevind het. Thomas is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis en Townsend tot 29 jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie