• Tuisblad
  • Howe
  • PAS IN: Boulter misluk in hofaansoek teen aanklaer-generaal
Foto argief
Foto argief

PAS IN: Boulter misluk in hofaansoek teen aanklaer-generaal

Kristien Kruger
Die Britse miljardêr, Harvey Boulter, het gefaal in sy poging om sy vervolging vir moord tersyde te laat stel.

Regter Herman Oosthuizen het vanoggend sy aansoek aansoek waarin hy die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, se besluit om hom van moord aan te kla, uitgedaag het, in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.

In die aansoek het Boulter beweer dat daar geen bewyse is dat hy sy plaaswerker, Gerhard van Wyk sr., op 27 Februarie 2021 met opset geskiet het nie. Hy het aangevoer die skoot het afgegaan midde ’n bakleiery terwyl Van Wyk sr. probeer het om Boulter se 9 mm-pistool by hom af te neem.

Imalwa het egter voet by stuk gehou dat sy redelik in haar besluit opgetree het en daar voldoende feite was waaruit ’n redelike persoon kon aflei dat Boulter die misdaad gepleeg het waarvan hy aangekla is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!