Pas in: Esau weer gehospitaliseer
Fishrot-beskuldigde mnr. Bernhardt Esau is in 'n plaaslike privaathospitaal opgeneem nadat hy Saterdag uit die hospitaal ontslaan is, het sy prokureur Florian Beukes kort gelede bevestig.
Esau, wie se gesondheid vinnig agteruitgegaan het sedert sy inhegtenisname vir die Fishrot-korrupsie skandaal, was veronderstel om vanoggend in die hof te verskyn vir 'n voortsetting van sy borgaansoek, maar die verrigtinge is uitgestel.
In 'n brief aan regter David Munso, het Beukes hom meegedeel dat daar tydens konsultasies met Esau opgemerk is dat die voormalige minister van visserye ongesteld is en te swak is om behoorlike opdragte aan sy prokureurs te gee.
“Mnr Esau was nie-reageerend, vergeetagtig en lusteloos tydens die konsultasie en as sodanig kon 'n skrywer nie behoorlike instruksies neem nie. Ons stel u dus hiermee in kennis dat ons nie op 28 Februarie 2023 met mnr Esau se borgaansoek sal kan voortgaan nie en eers na 'n besoek aan sy mediese praktisyn die Hof met sekerheid oor die pad vorentoe sal kan meedeel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie