• Tuisblad
  • Howe
  • PAS IN: Fishrot faal in aansoek teen tronkowerhede
No Image Caption

PAS IN: Fishrot faal in aansoek teen tronkowerhede

Kristien Kruger
Die Fishrot-beskuldigdes het gefaal in hulle dringende aansoek om die besluit van owerhede om sommige van hulle na ander selle binne Windhoek Sentrale Gevangenis te skuif, uitgedaag het.

Die aansoek deur sewe van die tien beskuldigdes, is vanoggend in die hoërhof in Windhoek van die rol geskrap omdat die saak nie voldoen aan die vereistes vir die aansoek om op ’n dringende basis aangehoor te word nie.

Hulle het aansoek gedoen om 'n tussentydse interdik om te keer dat gevangenisowerhede vyf van hulle van die C-afdeling van die tronk na 'n ander gemeenskaplike deel van die gevangenis verplaas, waar hulle saam met meer verhoorafwagtendes gevangenes aangehou sal word.

Die sewe beskudligdes wat die aansoek gebring het, is Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Pius Mwatelulo, Ofonyatneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi.

Die tronkowerhede het aan die begin van Mei vir Hatuikulipi, Nghipunya, Gustavo, Shuudifonya en Mwatelulo van die gevangenis se C-afdeling na 'n ander eenheid geskuif.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!