PAS IN: Geskil tussen gimnastiek-presidente vandag in hooggeregshof
Die president van die Namibië Gimnastiek Federasie, Sonja Olivier, en die adjunkpresident van die federasie, Neville Andre, het vanoggend in die hooggeregshof verskyn.
Olivier appelleer teen ’n hoërhofuitspraak waarin haar bewerings van laster teen Andre van die hand gewys is.
Olivier het aangevoer dat Andre op 11 Julie 2019 vir haar en ander Exco-lede ’n e-pos gestuur het met beweerde lasterlike inhoud wat lui: “Vir my is dit duidelik dat jy my uit Exco wil hê omdat ek swart is...”.
Sy het aangevoer dat dit haar as ’n rassis uitbeeld en het glo haar reputasie en waardigheid geskend.
Sy het in die hoërhofsaak geëis dat Andre moet om verskoning vra en N$100 000 betaal. Die hoërhof het die aansoek van die hand gewys en het in sy uitspraak uitgewys dat hoewel Andre erken het dat hy die uitlatings gemaak het, dit nie lasterlik was nie. Dit was ook nie met die publiek gedeel nie, maar net betrokke Exco-lede.
Volbank regters het vandag argumente aangehoor en sal uitspraak lewer sodra ’n beslissing gemaak is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie