Mnr. August Maletzky
Mnr. August Maletzky

PAS IN: Lekeregsman die week in hof

Kristien Kruger
Die verhoor van die lekelitigant, mnr. August Maletzky, wat tereg staan op klagte van bedrog, korrupsie, geldwassery, vervalsing en sameswering om bedrog en korrupsie te pleeg, het Maandag in die hoërhof in Windhoek hervat en duur vandag voort.

Maletzky het na bewering ’n huis wat hy in Julie 2017 vir N$10 000 per maand begin huur het, onder die 80-jarige Angolese eienaar, mnr. Samuel Dias, se neus verkoop.

Dias het Windhoek in Februarie 2018 besoek en uitgevind sy huis is reeds in September 2017 vir ongeveer N$2,5 miljoen verkoop.

Die staat beweer Maletzky het onregmatig ’n vervalste volmag verkry en dit gebruik om die huis in Desember 2017 in die naam van die nuwe eienaar oor te plaas nadat Maletzky glo die koopakte as die verkoper geteken het.

Maletzky deel die beskuldigingsbank met een van sy voormalige werknemers, mnr. Simon Afrikaner.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!