• Tuisblad
  • Howe
  • PAS IN: NEFF se saak teen die ECN vandag in hof
Foto argief
Foto argief

PAS IN: NEFF se saak teen die ECN vandag in hof

Kristien Kruger
Die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) se dringende aansoek teen die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), het vanoggend in die hoërhof in Windhoek begin.

Die NEFF het die aansoek gebring in ’n poging om die besluit van ECN om die party te deregistreer, tersyde te stel.

Die NEFF beweer die ECN se besluit was voortydig, irrasioneel en het gemenereg en die Namibiese grondwet oortree. Die ECN voer aan dat die aansoek nie dringend is nie en versoek dat dit van die rol geskrap moet word.

Dit is tydens die verrigtinge gesê dat hierdie die eerste aansoek van sy soort in die geskiedenis van Namibië se howe is en daar daarom nie veel van ’n wettige raamwerk daarvoor bestaan nie.

Die NEFF het sy argumente vanoggend in die hof gelewer waarna die hof kortliks gebreuk het. Verrigtinge sal binnekort voortduur met die ECN wat sy argumente voor regter Thomas Masuku sal lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!