PAS IN: Nuwe regters aangestel
Die Regterlike Dienskommissie (JSC) het vandag bekendgemaak dat president Nangolo Mbumba twee regters vir die hoërhof aangestel het.
Regter Beatrix de Jager is aangestel as regter en George Coleman as waarnemende regter van die hoërhof.
De Jager het sedert Januarie as waarnemende regter van die hoërhof gedien en haar aanstelling sal vanaf 1 Julie in werking tree. De Jager is vanaf 2004 in die regsberoep en is ’n lid van die Vereniging van Advokate.
Regter George Coleman se aanstelling as waarnemende regter sal duur vir die tydperk vanaf 1 Julie tot 9 Desember 2024.
“Ons wens die regters geluk met hulle aanstellings en wens hulle sterkte toe met die uitvoering van hulle take,” lui die verklaring wat deur die sekretaris van die JSC, Elias Shikongo, uitgereik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie