• Tuisblad
  • Howe
  • PAS IN: Saak van man wat prokuruerstoelating geweier is, draai in hooggeregshof

PAS IN: Saak van man wat prokuruerstoelating geweier is, draai in hooggeregshof

Kristien Kruger
Die Namibiese regsassistent, Alex Kamwi, sal môre in die hooggeregshof verskyn vir sy appèl teen die hoërhof se besluit dat hy nie as regspraktisyn toegelaat kan word nie.

Sy aansoek in die hoërhof was deur die Regsvereniging van Namibië (LSN) teengestaan omdat hy na bewering nie aan die vereistes vir toelating en magtiging om te praktiseer, voldoen nie.

Kamwi beweer hy het ’n LLB-graad van die Open University of Tanzania, asook twee jaar se praktiese regsopleiding by Oxbridge Akademie in Suid-Afrika. Verder verwys hy na ander kursusse en sertifikate wat hy glo van verskillende instansies verwerf het.

Die hooggeregshof sal beslis of Kamwi aan die vereistes ingevolge die wet voldoen en dus kwalifiseer om as regspraktisyn toegelaat te word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!