PAS IN: Studente in die tronk wen saak teen owerhede
Die hoërhof in Windhoek het vandag uitspraak gelewer ten gunste van 18 gevangenes van Windhoek Sentrale Gevangenis wat aanlyn studeer, in ’n saak wat die studente teen die Namibiese korrektiewe dienste gebring het. Die studente het aangevoer dat hulle internettoestelle afgevat is wat hulle gebruik om hulle aanlynstudies te voltooi.
Regter Herman Oosthuizen het beslis dat die studente nie ’n geleentheid gegun is om gehoor te word voordat die besluit geneem is nie. Dit is daarom in stryd met die wet op korrektiewe dienste. Oosthuizen het die besluit deur tronkowerhede om die toestelle af te vat, tersyde gestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie