PAS IN: Uitdaging van verkragtingswet misluk in hof
’n Kubaanse burger het gefaal in sy grondwetlike uitdaging van ’n gedeelte van die Wet op die Bekamping van Verkragting 8 van 2000.
Pedro Louise Veira se aansoek in die hoërhof was gemik op afdeling 2(2) van die wet wat handel op “dwingende omstandighede” en wat die woorde betref; "maar is nie beperk tot”.
Die hof het gister uitspraak gelewer en Veira se aansoek van die hand gewys. Die hof het beslis dat die afdeling met opset omvattend moet wees om geen moontlike onheil uit te sluit nie. Volgens hulle is die bewoording nie te vaag nie.
Veira staan tans tereg op verskeie klagte met betrekking tot hierdie wet en sy saak is hangend by die streekshof in Windhoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie