• Tuisblad
  • Howe
  • PAS IN: Uitspraak in MTC-korrupsiesaak vanoggend uitgestel
Foto argief
Foto argief

PAS IN: Uitspraak in MTC-korrupsiesaak vanoggend uitgestel

Kristien Kruger
Uitspraak in die die voormalige voorsitter van MTC en bekende Windhoekse prokureur, Dirk Conradie (64), se aansoek om kwytgeskeld te word, is gister uitgestel tot 17 September.

Die aansoek is gebring nadat die staat hul saak teen Conradie en sy medebeskuldigde, Sara Damases, gesluit het.

Die saak is reeds in 2012 deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aanhangig gemaak en hou verband met klagte van korrupsie, sameswering om korrupsie te pleeg en, in Conradie se geval, misbruik van sy magsposisie.

Conradie en Damases het na bewering die eienaars van ’n advertensiemaatskappy probeer oortuig om Damases as swart bemagtigingsvennoot aan te stel.

Dié maatskappy het vir ’n N$60 miljoen se MTC-advertensierekening getender en Conradie het glo gesê dat hy ’n sleutelbesluitnemer die stemproses sou swaai sodat hulle die kontrak sou verkry.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!