PAS IN: Verkragtingsaak uitgestel weens ondersoek ná bewerings van erektiele disfunksie
Die verhoor van die 72-jarige Dirk von Weidts wat daarvan beskuldig word dat hy ’n 11-jarige meisie verkrag het, is uitgestel tot Woensdag.
Die vertraging is as gevolg van ’n uitstaande verslag. Von Weidts is deur die hof beveel om môre deur ’n dokter ondersoek te word om te bepaal of hy ’n erektiele disfunksie het en of hy in staat was om die meisie destyds te verkrag.
Von Weidts en sy medebeskuldigde, Arrie Jors (46), het glo die jong meisie verskeie kere tussen Oktober 2020 en Januarie 2021 in Noordoewer verkrag. Die meisie was glo die dogter van Von Weidts se huishulp.
Von Weidts en Jors staan tereg op vyf aanklagte van verkragting, asook tien ander aanklagte wat mensehandel insluit.
Die verslag sal glo teen Woensdag beskikbaar wees en dan sal die verhoor na verwagting hervat. Volgens die staatsaanklaer, het die staat net nog een getuie om te roep.
Hulle het aan die begin van hulle verhoor onskuldig gepleit. Von Weidts is tans op borgtog en Jors in aanhouding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie